
Lede van die Valke lê beslag op dokumente by die Nxuba Yethemba-munisipaliteit in Cradock. (Foto: Valke)
Die Valke se korrupsie-ondersoekeenheid het op die Nxuba Yethemba-munisipaliteit op Cradock in die Oos-Kaap toegeslaan en in ʼn soek-en-beslagleggingsoperasie op verskeie dokumente beslag gelê.
Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die ondersoek hou verband met ʼn bedrog- en korrupsieondersoek van sowat R26 miljoen wat spruit uit die beweerde verontagsaming van verkrygingsregulasies.
“Verskeie maatskappye het tenders gekry vir die bou van paaie, instandhoudingswerk en die ontwerp van die gemeenskapsaal.
“Die diensverskaffers is glo in die 2017-’18-boekjaar ten volle betaal vir die projekte, maar die werk aan al die projekte is net gedeeltelik gedoen,” het Nkwalase gesê.
Hy sê dit dui daarop dat die projekte glo gebruik is om munisipale geld oneerlik te bekom.
Nkalase het gesê niemand is tydens die klopjag in hegtenis geneem nie. Diegene wat betrek word, moet nog, afhangend van die ondersoek, aangekla word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Nou ja Valke – julle het nou toegeslaan en beslag gelê – wat DOEN julle volgende?
Ooeeps – eintlik het ek klaar ‘n antwoord – bokkerol….. Alles net vir die show!!
Hierdie bedrog orals in elke streek gaan al jare aan, hulle kom met dit weg want hulle kan.
Hiervan sal dadels kom. Net nog n bewys dat sluheid en agterbaksgeit n stokperdjie geword het.
Ek sal enige iets gee om vir Government te werk… Om n verskil te maak waar dit nodig is… Dus so hartseer dat hulle sulke werke het maar hulle hart is nie ook in dit… NET HANDE