Valke slaan toe op Pauw se gastehuis

Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, by die bekendstelling van die boek in Pretoria (9 November 2017). Foto: ANA

Die Valke se eenheid vir misdade teen die staat het Woensdag op die ondersoekende joernalis, Jacques Pauw, se gastehuis in Riebeeck-Kasteel in die Wes-Kaap toegeslaan met ʼn soek-en-beslagleggingslasbrief.

Pauw het aan African News Agency (ANA) gesê hy is verras dat hulle “nou eers hier opdaag”.

Hy het gesê die soektog is spesifiek deur Arthur Fraser, die hoof van die Staatveiligheidsagentskap (SVA), aangevra wat Pauw in sy topverkoperboek, The President’s Keepers, by korrupsie betrek het.

Pauw het gesê ʼn kolonel en twee kapteins het laat Woensdagmiddag opgedaag om te soek vir enige “vertroulike inligting” in sy besit.

Die lasbrief, wat deur ʼn Malmesbury-landdros uitgereik is, het gelui Pauw het “geheime dokumente en inligting, wat aan die SVA of die Republiek van Suid-Afrika behoort, wetend ontvang, of daar is redelike gronde om te glo dat sulke dokumente of inligting aan hom gegee is in oortreding van die Wet op Beskerming van Inligting”.

Dit lui ook dat Pauw ʼn gedeelte van die Wet op Intelligensiedienste oortree het deur na bewering geklassifiseerde inligting wat deur ʼn lid of voormalige lid van die SVA aan hom toevertrou is, bekend te maak.

Pauw het gesê hy het sy prokureur in Johannesburg genader. “Dit sal ʼn lang soektog wees, dit is ʼn groot plek.”

Pauw en sy vrou, die voormalige joernalis Sam Rogers, bedryf ʼn gastehuis, The Red Tin Roof, in Riebeek-Kasteel, geleë ongeveer ʼn uur buite Kaapstad.

In dieselfde tyd dat Pauw se gastehuis deursoek is, is daar ook by die skrywer Pieter-Louis Myburgh se huis ingebreek. Myburgh is die skrywer van The Republic of Gupta en word ook deur die owerhede ondersoek vir onthullings wat deur hom gemaak is.

Pieter-Louis Myburgh‏ het die foto van die inbraak by sy huis op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Myburgh het op Twitter ʼn foto van die gebreekte hek by sy huis gedeel. “Inbraak by my huis in dieselfde tyd dat die polisie ʼn klopjag by Pauw doen. Wat ʼn vreemde toeval,” het hy geskryf.

Sedert The President’s Keepers verlede jaar gepubliseer is, word Pauw deur die polisie ondersoek en is daar hofaansoeke teen hom ingedien. In Desember verlede jaar het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ook aansoeke teen hom by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien.

Die SAID beskuldig Pauw daarvan dat hy die Wet op Belastingadministrasie oortree het deur belastingbetalers se vertroulike inligting bekend te maak. Pauw het destyds in reaksie op dié beskuldigings gesê hy meen die hofaansoek is ʼn erkenning dat die onthullings in die boek waar is: “Dit is nie ʼn aanval op die geloofwaardigheid van die boek nie, dit is ʼn bevestiging van die geloofwaardigheid van die boek,” het hy gesê.

The President’s Keepers het sedert sy publikasie wyd opslae gemaak en daartoe gelei dat die SVA verskeie kere vir Pauw en die boek se uitgewers versoek het om die boek terug te trek. Sommige van die bewerings in die boek sluit in dat pres. Zuma tydens die eerste paar maande van sy presidentskap ʼn salaristrekker was by Royal Security en ʼn maandelikse salaris van R1 miljoen ontvang het. Hy het na bewering ook versuim om belastingopgawes tydens die eerste paar jaar, in sy amp as president, in te dien.

Pauw het ook onthul dat die Kaapse bendebaas Mark Lifman en ander die SAID glo honderde miljoene rande skuld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

wraggies ·

Hoekom slaan hulle nie toe op dié wat geimpliseer is in die misdrywe wat oopgevlek is nie?
Seker onnodig om te vra.

Johan ·

Wraggies – ek stem saam met jou.

Dieselfde met al die ander fluitjieblasers. Na hulle gepraat het word hulle geteiken, pleks daarvan dat die aantygings ondersoek word.

Ironies dat Fraser wat geimpliseer word en eintlik ondersoek moet word, volgens die berig aan die spits staan van hierdie “soek en deursoek” aksie. Laat mens wonder of die Valke nie maar steeds wolf in skaapklere is nie?

Denise ·

So gou om ons mense se foute uit te wys maar kan nie hanteer as hulle onder die vergrootglas is nie !!!!!

lulu ·

so wat gaan gebeur met diegene wat meer as 40 miljoen Suid-Afrikaners se inligting op die web laat kom het…..

Al ·

En ek dog ons bly in La-Land sedert CR die president geword het?! Die belofte was dat die korruptes aangevat word.
Nou word arme joernaliste gejag omdat hul korrupsie ontbloot het?
Eish! Sterkte mnr Pauw jy is slim genoeg.

Maggie ·

Die waarheid maak seer. Dankie Jacques Pauw dat jy jouself bloot stel om suid afrikaners in te lig oor wat eintlik in ons land aangaan.

Ja wohl ·

Janee ou Pauw gaan nou weer gejag word soos hulle vir Wouter Basson vir jare gejag het.Ek voel niks vir die ou nie, maar daar is belangriker mense om nou te jag soos die wat hulle aan staatskaping SKULDIG gemaak het .. die GUPTAS is tjoepstil, hou seker in die WIldtuin vakansie op ons belastinggeld.

thinus ·

Maak nie saak wie of wat hy is nie, die aantuigings en beskuldigings wat in sy boek vervat is, wys duidelik die manier waarop misdadigers en korrupte amptenare die staatkas en hulpbronne tap tot hul eie voordeel.
Dit is seker ook net die punt van die ysberg!
Miskien het sy vyande net langer as ek geneem om die boek klaar te lees voor hul toegeslaan het.
Dankie Jacques vir jou grootse poging en ontberihg om dit vir die res te ontbloot.

Emigreer ·

Diegene wat nou nog nie die skrif teen die muur kan lees nie sal vir altyd dom en blind bly, en sal nooit besef dat daar GEEN toekoms vir witmense in die donker SA hool is nie – veral nie vir wit kinders nie.

ChristaT ·

Maklik gese as gedoen. Dit is nie net vir oppak en daar gaan jy nie. Dit is ‘n lang proses en as jy nie werk oorkant die waters het nie, hoe sal jy en jou gesin oorleef. Die lande maak dit al hoe moeiliker vir mense om te emigreer, miskien moet almal ook op bote by die lande aankom as vlugtelinge in hul duisende, jy staan dan n beter kans. As jy dit wettig probeer doen is jou kans nie so goed nie.

Lolla ·

Beste boek wat ek nog gekoop het! Skielik verstaan n mens alles wat jy nooit kon verstaan nie! As Frazer nie n krimineel was nie, was hy nie in die boek nie. Arresteer Frazer eerste! Le klagtes teen al die kriminele soos in Pauw se boek en arresteer hulle! Daar is duidelik allerhande bewyse wat hulle nou wil kry en vernietig, terwyl hulle in n eerlikke wereld agter tralies op hierdie stadium sou wees. Ek is verbaas dat dit NIE gebeur het nadat pollitikuste die boek gelees het. Wys jou net hoe groot die GANG in parlement is. Soos Pravin Gordan gese het, “the country is in gangsters hands, lead by gangsters”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.