Valke slaan toe op perlemoen in Grabouw

Perlemoen by die perlemoenverwerkingsaanleg in Grabouw. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is vandeesweek in hegtenis geneem toe die Valke op ʼn onwettige perlemoenverwerkingsaanleg in Grabouw in die Wes-Kaap toegeslaan het.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het Saterdag in ’n verklaring gesê lede van die Valke en amptenare van die departement van omgewingsake het Donderdag op ’n perseel in Oudebrugstraat toegeslaan waar hulle op varsgekookte en gedroogde perlemoen sowel as verwerkingstoerusting afgekom het.

Die beraamde waarde van die betrokke aanleg se onwettige bedrywighede beloop meer as R5,4 miljoen, het Nkwalase gesê.

Volgens Nkwalase is twee mans tussen die ouderdomme van 52 en 59 jaar oud op die plek in hegtenis geneem.

Albei sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Perlemoen by die perlemoenverwerkingsaanleg in Grabouw. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Debbie ·

Ek wonder hoe smaak perlemoen. Dit moet seker baie lekker wees as mense so met dit smokkel. Is daar iemand wat vir my kan sê hoe dit proe? Ek wonder net waaroor die bohaai gaan dat mense so met dit smokkel.

JohanR ·

Ek verstaan Debbie dit is baie LEKKER as dit reg voorberei is. Maar is is die nuus wat jy soek : The seafood delicacy, locally known as perlemoen, fetches more than R8 000 a plate in China, and poachers are paid R500 a kilogram in Hout Bay and other fishing settlements to pries the shellfish from the reefs.

Okmardom ·

Is die perlemoen dan skuldig. Julle slaan toe op die perlemoen. Was daar nie dalk verdagtes betrokke nie!

johanf ·

“Twee verdagtes is vandeesweek in hegtenis geneem”
“twee mans tussen die ouderdomme van 52 en 59 jaar oud op die plek in hegtenis geneem.”
Perlemoene het weggekom……!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat word van al die perlemoen waarop beslag gelê word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.