Valke slaan toe op perlemoen-verwerkingsaanleg

Die perlemoen waarop daar beslag gelê is. (Foto: Valke/ANA)

Drie verdagtes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn nadat die Valke vroeër vandeesweek op ’n perlemoenverwerkingsaanleg in Kaapstad toegeslaan het. Die owerhede het in die proses op perlemoen ter waarde van byna R1 miljoen beslag gelê.

Die Valke het in ’n verklaring gesê die klopjag op ’n perlemoenverwerkingsaanleg in Montague Gardens het Dinsdag plaasgevind.

Luidens die verklaring het die Valke saam met amptenare van die departement van landbou, bosbou en visserye op die betrokke aanleg toegeslaan waar daar op gekookte en droë perlemoen ter waarde van R972 000 afgekom is.

Drie verdagtes, tussen 25 en 48 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem. Die Valke het ook op toerusting vir die verwerking van perlemoen, ’n rekenaar en ’n voertuig beslag gelê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Termiet ·

Hulle het nie goedkoop smaak nie. Saam met al die drank en sigarette wat hulle kolegas afgevat het behoort dit ‘n lekker party te wees.

antieke antie ·

ek dink nie valke vang self die perlemoen nie maar as iemand al die werk vir hulle doen sal enige iemand dit eet …hahaha

Michael 1 ·

Perlemoen het die grootste misdaad in SA geword met al die tyd en mannekrag wat daarin gaan ,dwelms,moord roof en verkragting blyk n bysaak te wees as perlemoen betrokke is.

Mathys ·

Alhoewel hulle net werknemers van hulle Sjienese baas is, op wie se gehuurde perseel blykbaar geen geld gevind is nie, is dit vir my hartseer dat die landroshof jurisdiksie het vir die kategorie waarin die beweerde misdryf omskryf word. Met ander woorde ons wil die mark vir onwettige wild afraai, afskrik, in die kiem smoor, ons wil onwettige wildhandel aan die onderdelf laat spits, maar duidelik is daar simpatie vir die 3 verdagtes, raai wat gaan hulle Donderdag na hulle borgverhoor doen? Opvang op ‘n agterstand van 5 dae wat hulle op verlof was, wat beslis nie deur die werkgewer goedgekeur was nie, plus die bedrag, waarmee die werkgewer die produkte by die beamptes moes terugkoop, gaan seker van hulle pay afgetrek word. Hoekom is hulle gesigte nie op die berig nie, hulle name? Maar as twee mans van Coligny….

marius ·

Korrek . Voltydse advokate wat oor howe loop . More nuwe toerusting en bote . Dit kom uit die perd se bek .

koos10 ·

Ek het al seker 50 berigte gelees waar daar beslag gelê word op items wat onwettig is, MAAR nie een berig oor wat met die items gebeur nie.
Ek is bereid om saam met Mathys te stem.

Scalla ·

Elke berig meld die randwaarde van die goedere/skade, rapporteer jy dalk n inbraak of verlies by sapd, eerste ding wat die persoon wat die saak inneem die waarde wil weet, inteendeel, jy kom eers later agter wat nog vermis word, hoe en deur wie word dit bepaal, ek persoonlik wil nie eers n perlemoen verniet he nie, gaan dit oor vraag en aanbod, kan n kenner ons dalk inlig insake die aangeleentheid.

marius ·

Smokkelaars drink nie want dalk kom hulle met ‘n klomp plat klippe terug skuit toe ne hoed ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.