Valke slaan toe op Phalaborwa-munisipaliteit

(Argieffoto)

Die Valke het Vrydag op die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit in Limpopo toegeslaan nadat ongerymdhede rakende die toekenning van tenders aan die lig gekom het.

’n Ondersoek na die munisipaliteit is gelas nadat tenders van meer as R30 miljoen na bewering toegeken is sonder dat die behoorlike prosedure gevolg is.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê daar is gedurende die klopjag op skootrekenaars en dokumente beslag gelê.

Niemand is egter al in hegtenis geneem in verband met die bewerings nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Mooi man

Dup

Die arme Valke weet nie meer waar om te keer en waar om toe te slaan nie.Die korrupsie,bedrog en diefstal spoel soos ñ tsunami oor SA.

Kokerboom

Ek stel voor die Valke loods sommer by voorbaat ‘n ondersoek na AL die ANC beheerde Munisipaliteite!
Die betrokke Minister doen NIE sy/haar werk so ook LUR’e

Tipper

Ag wat, ek sal die ou goed nie eers agterna sit nie.

Renier johannes

Hoop hulle kom doen n onder soek by piet retief munsiepaliteit ook .