’n Noord-Kaapse verkeersbeampte en ’n bestuursinstrukteur is Donderdag in hegtenis geneem nadat die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie inligting ontvang het oor beweerde omkopery by ’n toetssentrum op Jan Kempdorp.
Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê daar word beweer dat die betrokke verkeersbeampte van die plaaslike verkeersdepartement en die bestuursinstrukteur R3 500 van ’n slagoffer geëis het in ruil vir die uitreik van ’n bestuurslisensie.
Die Valke is in kennis gestel en het ’n geheime operasie by die toetssentrum gedoen waartydens die verdagtes onwetend van die Valke se planne R3 500 aanvaar het. Albei is summier in hegtenis geneem.
Die verdagtes sou na verwagting Vrydag in die landdroshof in Jan Kempdorp verskyn op aanklagte van korrupsie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
ai,ai,ai
Laat ek raai… borgtog van R200 sal gegee word?
Stelsel vsn 5jr moet geskrap word. Dien nie die doel nie
En daar is nog vele meer
Verval al daai lisensies dan? (Sarkasties gevra!)