Valke slaan toe op verdagtes in VBS-bankskandaal

VBS Mutual Bank

Vier verdagtes is ná ʼn klopjag deur die Valke Woensdag op verskeie persele in Gauteng en Limpopo in hegtenis geneem vir hul aandeel in die VBS-bankskandaal. ʼn Verdere drie verdagtes sal hulle na verwagting later vandag aan die polisie oorgee en nog een verdagte is tans in kwarantyn weens Covid-19 en kan dus nog nie in hegtenis geneem word nie.

Dié verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Palm Rigde-landdroshof in Johannesburg verskyn.

“Die direktoraat vir die ondersoek van prioriteitsmisdade het vanoggend (Woensdag) ʼn soektog en beslaglegging by tien persele in Gauteng en Limpopo uitgevoer. Lasbriewe vir arrestasie is uitgereik vir agt verdagtes. Dié verdagtes het almal na bewering direk of indirek baat gevind by korrupte aktiwiteite wat gelei het tot die likwidasie van die VBS-bank,” het lt.genl. Seswantsho Lebeya, hoof van die Valke, Woensdag tydens ʼn perskonferensie gesê.

Dié verdagtes word aangekla van 47 klagte, insluitend 12 aanklagte van diefstal, sewe van bedrog, 15 van korrupsie en sewe van geldwassery.

Maroela Media het vroeër berig sowat R2 miljard is oor ʼn tydperk van drie jaar van die VBS Mutual Bank geplunder deur VBS-hooggeplaastes en instellings. Die geld wat geplunder is, sluit in kliënte se spaargeld en miljoene wat deur munisipaliteite gedeponeer is.

Argieffoto

ʼn Kriminele klag is reeds in Augustus 2018 deur die Reserwebank gelê toe dit aan die lig gekom het dat die bank nie daartoe in staat sal wees om al die geld wat deur lede van die gemeenskap en 20 munisipaliteite in die bank belê is, uit te betaal nie. Die bank is in November dieselfde jaar gelikwideer.

“Dit het tydens die ondersoek aan die lig gekom dat die bank op 11 Maart 2018 ʼn verlies van R2,2 miljard getoon het. Dit lyk asof die probleme op 4 Julie 2017 begin het toe die bank se uitvoerende raad finansiële state goedgekeur het vir die vorige boekjaar wat VBS baie ryker laat lyk het, terwyl die bank in werklikheid insolvent was,” het Lebeya gesê. “Die ondersoek het verder gewys dat tien mense, wat die verdagtes in die saak is, direk of indirek elk R1,2 miljoen ontvang het wat hulle nie toekom nie.”

Lebeya het aangedui dat die ondersoek nog nie voltooi is nie en dat meer mense nog in hegtenis geneem kan word. Hy wou nie uitwei oor wie die verdagtes is, wie nog ondersoek word of wat die betrokkenheid van bepaalde politieke figure is nie. Adv. Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het wel haar versekering gegee dat aanklaers alle verdagtes wat deur bewyse geïmpliseer word na die beste van hul vermoë sal vervolg, maak nie saak wat hul politieke konneksie is nie.

Batohi het die deurbraak as ʼn belangrike mylpaal in die saak bestempel, maar gesê baie werk moet nog gedoen word om te verseker oortreders word gestraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Deon ·

Daar word name genoem in ander koerante sowel as eff en anc word genoem

Objektief ·

Kom ons kyk of hulle die “guts” het om sekere politiese figure ook te arresteer. Enige weddenskappe?

Riaan ·

En weereens word daar nie n piep gelewer na die EFF en Malema wat gebaat het nie, selfs al is die bewyse duidelik sigbaar.

JohanR ·

Lag my ‘n paapie! Tussen hulle is nie Julius Malema of Floyd Shivambu nie. HOEKOM????? Lyk my Adv. Shamila Batohi het ook skielik wakker geword!

Kerneels ·

Hoe weet jy Julias of Floyd is nie een van hulle nie? Geen name is dan op hierdie stadium beskikbaar nie?

Aai ·

Hulle gaan weer die klein vissies toesluit en die wat in die politiek is los die groot visse.

Martie Smartie ·

He he mnr Lebeya, R2.2 miljard gone en julle het 10 verdagtes wat saam R12 miljoen ontvang het? En die res …???

Pampoen ·

Daar is twee duisend miljoen weg. Nou word daar tien klein vissies gevang wat saam R12 miljoen gevat het. Die groot haaie lag lekker.

Magda ·

Nou wanneer kom zumpie en kie (Guptas) se aanklagte en arrestasie briewe, asook beslag legging van hulle bates!! en waar is mal eempie – is hy ook onder die arrestasies – was die bank dalk sy idee of nie. Dis mos hoe hy praat om nie te verwys na iemand toe nie – DALK OF DALK NIE.!! vra maar net

marius ·

Watter bank het vir jzzzz geld voorgeskiet ? Hoeveel van diegene wat die zonde komissie betrek word se sake ondersoek deur die valke ?

Hans ·

Net in SA moontlik….. stig n bank, Kry klomp arm mense se geld en loop breebors daarmee weg. Korrupsie ala Afrika

Ben ·

Daai skelm “malemma” sal niks oorkom nie.. En waar is die ander 1988 miljoen.

Amatambo ·

En moet nie sy gabba – Floyd Shivambu – vergeet nie – as ek reg onthou was daar maande gelede ‘n berig iewers dat Floyd Shivambu se boetie, Brian – volgens die berig – met sowat R16-miljoen uit daardie transaksie gestap en vir Boetie Floyd glo R10-miljoen gegee het – blykbaar is van daardie geld aan die EFF in sy geheel geskenk – maar ek gaan net op wat ek destyds gelees het…. maar lees gerus hoe Mal-emmer met ‘n bankkaart vol VBS geld verlede jaar wild links en regs op ‘n “spending-spree” – waarvan ons gewone mense net kan droom – gegaan het … Pauli van Wyk – Amabunghane joernalis – het ‘n volledige berig daaroor geskryf…

Amatambo ·

Vergeet die vlieë -laat hulle die werklike torre in hierdie verhaal vang…..

wessel ·

ses maande opgeskort vir drie jaar met ‘n raadgewers pos by Sisulu

pieterweskaap ·

Floyd en Julius het ‘n valkenierkursus gedoen en skrik nie vir die Valke nie.
En Zuma het mos ‘n leninkie daar gekry vir sy aftreeplekkie.(nKandla, nKaaandla……he-he-he)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.