Valke slaan toe op wetgewer se kantoor

Valke

Argieffoto

Die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie het Donderdag toegeslaan op die kantoor van die Noord-Kaapse wetgewer.

Die Valke het in ʼn verklaring gesê die soek- en beslagleggingsoperasie spruit uit sake oor beweerde korrupsie en verkwistende besteding wat deur die National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu) aanhangig gemaak is teen beamptes by die wetgewer.

“Dit volg op bewerings deur Nehawu teen die sekretaris van die wetgewer dat hy ʼn nie-pensioendraende betaling ontvang het waarop hy nie geregtig is nie,” lui die verklaring.

Die Valke ondersoek ook bewerings dat die wetgewer se finansiële hoof ʼn onwettige bedankingsbetaling ontvang het, asook ʼn studietoelaag waarvoor hy nie gekwalifiseer het nie.

“Hy het glo bedankingsdokumente van die wetgewer aan pensioenfonds-owerhede ingehandig, alhoewel hy bevorder is en nie bedank het nie.”

Die gesamentlike bedrag van die beweerde korrupte betalings aan die sekretaris en die finansiële hoof is R484 090.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Siestog, jou kristalbal is nie van yster maar plêstiek.

Lolla ·

Seker met komplimente en behulp van Pauw se dokumentêre bewyse lol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.