Valke sluit dobbelhuise se deure

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke in die Noord-Kaap het Vrydag 19 aanlyndobbelhuise se deure in twee provinsies gesluit.

“Die Valke het ook toegeslaan op 27 persele in die Noord-Kaap en Noordwes tydens ʼn groot operasie wat lede van die nasionale kantoor van die Valke en plaaslike polisiebeamptes insluit,” het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die Valke hou glo al ʼn geruime tyd die onwettige dobbelwebwerwe dop en ʼn operasie is uitgevoer om die ondernemings te sluit.

“Die beamptes het tydens die klopjag beslag gelê op verskeie toerusting soos dobbelmasjiene en rekenaars wat na bewering in die onwettige dobbelonderneming gebruik is. Die beamptes het ook beslag gelê op ʼn onbekende bedrag kontant,” het Nkwalase bygevoeg.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem. “Verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie. Die drie persone sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van korrupsie, geldwassery, swendelary en oortreding van die nasionale en provinsiale dobbelwette.

Die 19 onwettige dobbelpersele was in die Noord-Kaap: Kuruman (1) Kimberley (2), Kathu (2), Kakamas (1), De Aar (1), Colesberg (1), Port Nolloth (1), Keimoes (1), Olifantshoek (1), Postmasburg (1), Daniëlskuil (1), Barkly-Wes (1), Douglas (1) en Hartswater (1). In Noordwes was dit Vryburg (2) en Delareyville (1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Simon ·

Dit kan dalk net interessant word om die name en vanne van ” verdagtes” te lees te kry.
Dit kan dalk net baie insig gewen wees

Kobus ·

Met verbasing kennis geneem hoe vinnig die Valke n onwettige dobbelhuis kon skoonmaak hier in Vryburg….maar dit was harde werk om al die nodige dokumentasie en lasbriewe in plek te kry…dit gedoen,toe volg alles met spoed van witlig….BAIE GELUK VALKE…WEL GEDAAN

Waarheid ·

Doen so voort sluit die hoolle almal en noem die name van die eienaars in die media asb.

Tevrede dobbelaar ·

Baie geld verloor by die internet cafe postmasburg, wen nooit speel duisende rande, wen niks, Dan is Die wit vrou wat daar werk nog so bloed Rou. Goeie werk valke roei hule uit n maak hule name been asb,

poppie ·

Tevreede dobbelaar … jyt gehelp met die misdaad as jy ook daar gedobbel het…. nou moet jy maar by die bar gaan geld weggooi

Lydenburg ·

Wens die valke wil in Lydenburg ‘n draai maak. Daar is n hele paar wat onwettig bedryf word.

Nog n Leydenburger ·

Ek wonder veral oor daardie een paar winkels van leydenburg spur af.

G ·

Haha, daar is op ‘n onbekende bedrag geld beslag gelê? Hopelik is die beamptes nog van die goeie ou soort.

Fiki ·

en die 3 dobbel kaste wat in die kroeg langs BP garage staan in Keimoes is seker wettig… niemand ek ingesluit wen niks daar nie… die Valke moet daar ook gaan inloer.

LTX ·

Ag asseblief maak die onwettige aanlyn dobbel plekke in Lichtenburg, Noord-Wes ook toe!
Ek het dit al aangemeld by die dobbel raad ‘n jaar en ‘n half terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.