Valke snuffel militêre springstof, ammunisie uit

Van die ammunisie waarop die Valke beslag gelê het. Foto: Verskaf

Militêre springstof en ammunisie is Donderdag by ʼn sakeperseel in Makhado (Louis Trichardt) gevind.

Kapt. Matimba Maluleke, provinsiale woordvoerder van die Valke in Limpopo, het gesê die Valke se georganiseerde misdaadeenheid het inligting ontvang dat springstof by die perseel aangehou word, waarna ʼn klopjag uitgevoer is.

“Die lede het beslag gelê op onder meer ʼn geweergranaat, seinpatrone, ʼn R1-magasyn en altesaam 552 patrone van ʼn R5-geweer,” het Maluleke gesê.

Die eienaar van die onderneming, ʼn 46-jarige verdagte, is in hegtenis geneem.

Die verdagte moet Maandag in die Makhado-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van springstof en ammunisie.

Die Valke se ondersoek duur voort om vas te stel waarvoor die springstof en ammunisie beplan was om gebruik te word.

Van die ammunisie waarop die Valke beslag gelê het. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andile ·

Sjoe, dis opgeblaas om erg te klink maar n kapmes of n byl is heelwat meer gevaarlik en n bedreiging vir die samelewing soos elke dag bewys word. Absoluut verspot dat dit hoofnuus is en niks meer as n boete is geregverdig omdat die man nie al sy ou weermag patrone ingedien het toe hy 25 jaar terug uitgeklaar het nie.

Johann ·

Dis onwettig en wanneer een van ons geliefdes daaronder lei verander die deuntjie seker weer!

B-man ·

Ja-nee, Valke kan eerder tyd aanwend om plaasaanvalle in die omgewing hok te slaan. ‘n Kapmes en/of ongelisensieërde vuurwapen (waarvan die reeksnommer afgeveil is) is baie gevaarliker as ‘n paar patrone op hul eie. Ek hoop maar die granaat is onskadelik gestel.

Jacques ·

Ek neem aan die persoon is nog steeds in aanhouding , maar die weermaglid wat n vrou geskiet en byna gedood het slaap elke aand sy bed . Belaglik verby .

HPV ·

Hy het waarskynlik ‘n derde wêreldoorlog beplan met een magasyn, 552 patrone en een granaat! Die Valke het die mensdom gered.

Vermeende ·

Hoe het die valke hierdie grote arsenaal uit gesniffel as hulle op inligting gereageer het.
Die media sal ook alles doen om die owerhede goed te laat lyk.

Joe Olivier ·

Het die polisie al die staalkas met 20 R5 gewere wat hul laat ” wegraak” het gekry? Of gaan ons niks weer daarvan hoor nie?

marous ·

Wat se springstof? Berig asb oor die die vordering in die saak van die mense wat gevang is met miljoene rande se waarde in mortiere by Komatipoort.

Jacques Venter ·

Interessant Marous
Vertel asseblief n bietjie meer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.