Valke soek bende wat in Mpumalanga op transitowa toeslaan

Die rowers het vroegoggend tussen Mbombela (Nelspruit) en Barberton toegeslaan. (Foto: SA Polisie/Valke)

Die Valke het begin met ʼn groot soektog na ʼn bende rowers wat Donderdagoggend vroeg op ʼn transitovoertuig in Mpumalanga toegeslaan het.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het die rowers die voertuig omstreeks 06:30 op die R40 tussen Mbombela (Nelspruit) en Barberton probeer beroof.

Sy sê daar is aanvanklik op ʼn begeleidingsvoertuig losgebrand. Daar is van agter uit ʼn Mercedes-Benz op die voertuig geskiet en die veiligheidswagte het teruggevuur.

“Tydens die skietery is daar ook op die pantserwa geskiet. Die bestuurder en ʼn veiligheidsbeampte is lig beseer en is vir mediese behandeling geneem,” sê Sekgotodi.

Volgens die Valke is die drie voertuie waarmee die bende toegeslaan het later verlate op verskillende plekke gevind. Die Mercedes-Benz is vroeër in Gauteng gekaap. Nog ʼn voertuig is op die misdaadtoneel gekaap en gebruik om die begeleidingsvoertuig mee te stamp.

“Geen geld is gebuit nie,” sê Sekgotodi.

Sy sê sommige van die verdagtes is moontlik tydens die skietery gewond. Die Valke het ʼn beroep op lede van die publiek en diegene by mediese fasiliteite gedoen om inligting oor enige verdagte mense met skietwonde dadelik by die ondersoekbeampte, lt.kol. Erhard Stroh by 082 300 8315 aan te meld.

Een van die voertuie wat tydens die rooftog gebruik is. (Foto: SA Polisie/Valke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris ·

Vlugtelinge vanuit Noordelike buurstate wat kom buit uit wat nog oor is van ons land

JM ·

Hierdie tipe misdaad eskaleer teen ‘n skrikwekkende tempo; die rowers raak al hoe
meer waaghalsig en mak en die informante word duidelik nie afgeskrik nie. Daar sal waaragtig dringend ingegryp moet word, want hierdie bendes het geen respek vir lewe nie. Om dit deesdae op die paaie te waag is ‘n selfmoordpoging.

Blikkies ·

Welgedaan, weggekom met niks. My eie opinie, hierdie spesifieke tipe rowe word vooraf gegaan deur gelekte inligting van binne. Ek is seker die ondersoekers weet waar dit vandaan kom en hoop van harte daar word ‘n plan beraam om van die binnekring ontslae te raak sonder inmenging van hulle bestuur of self polities nie.

Persheks Adri ·

Dit hou net nie op nie! Dankie ANC nou is daar al hoe meer transito rooftogte, maar julle skep kamstig werk pffft

Tanniepetoors ·

Gelukkig ‘n swak beplande roof. Maak my woedend dat arrogante misdadigers soveel mense se lewens in gevaar stel in hul pogings om transitorooftogte te pleeg.

Riaan ·

MM ek wil net seker maak die inligting op die laaste foto is korrek. Dis ‘n panser voertuig daai soos wat baie CIT firmas gebruik as begeleidingsvoetruie. Indien dit wel so is, is CIT firmas in vir ‘n rowwe tyd as die rowers nou toegang het tot panser voertuie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.