Valke soek na geharde misdadiger

Thabiso Veleko

Thabiso Veleko

Die Valke het die publiek versoek om te help om ʼn geharde misdadiger te probeer opspoor.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Andries Thabiso Veleko (34) is op 18 Maart in Kimberley in hegtenis geneem. Hy is onder meer van kaping, gewapende roof, verkragting en bedrog aangekla. Veleko word ook daarvan verdink dat hy ʼn polisieman geskiet en gewond het.

Volgens Nkwalase het Veleko ná sy inhegtenisname in die hof verskyn en is hy borgtog geweier. Hy is na die Kimberley-gevangenis geneem waar hy op 6 Junie ontsnap het. “Ons ondersoek het aan die lig gebring dat sy huis in Postmasburg is, maar dat hy ook baie tyd in Mamelodi, Pretoria, deurbring.”

Enigiemand met inligting word versoek om lt.kol. Lourens te bel by 082 331 4700 of ao. Van der Merwe by 082 447 1250.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jan ·

As ek hom so kyk, dan lyk dit my julle moet hom op die rugbyveld gaan soek.

Fransie ·

Jan, hoe lekker laat jy my nou lag en jou kommentaar is eintlik so waar- hy lyk na ‘n groot ondersteuner!?

Riekie ·

My magtig die man lyk bekend. Is dit nie daai een speler wat Saterdag gehelp het om teen Italië te verloor nie??

Ekke ·

Jip Alida, se ek mos ook, wat help dit ons moet uitkyk vir hom, hahahahaha soooo funny…sodat hy maar net weer kan ONTSNAP, pateties man!!

What a joke! ·

Jis daai Springbok jersey pas hom goed!! Ou Ac bel seker die lyne wit warm opsoek Na die ou om vir die bokke te kom speel!..

Denise ·

Hoe lekker lag ek nou !!! Ons moet net onthou die ou skram vir n hele ander span!!! Wonder net hoe kry hulle dit deesdae reg om so maklik te ontsnap en dan nog n geharde misdadiger lyk my die sekuriteit is maar swak in Kimberley dit is al vyf maande wat hy op vrye voet is!!!GEVAARLIK!!!!!!!!!!!

Swanna ·

Hy kan dalk aangewend word om die balle te steel in die losgemal en die ref om te koop om die game te wen.

Trudie Cornelius ·

Thabiso Andries Veleko DOB 13/12/1981 het n huis adres in Mamelodi Wes, Pretoria!

Johann ·

Hy is so skelm hy steek ook twee rubyballe onder sy klere weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.