Valke soek nie meer na Ajay Gupta

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die Valke het Vrydag bevestig ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Ajay Gupta is teruggetrek.

Dit kom nadat die korrupsieaanklagte teen oudpres. Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, verlede maand voorlopig in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg teruggetrek is.

Die owerhede het die lasbrief vir Gupta se inhegtenisneming uitgereik om hom te ondervra oor bewerings dat hy probeer het om voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, om te koop tydens ʼn vergadering wat deur Duduzane gereël is.

Jonas het verlede jaar aan die kommissie van staatskaping gesê hy is by die vergadering R600 miljoen aangebied om in 2015 as minister van finansies aangestel te word, maar hy het die aanbod van die hand gewys.

Die NVG het destyds gesê hy kan nie met die saak voortgaan nie, aangesien Jonas se getuienis voor die Zondo-kommissie nog nie afgehandel is nie.

Gupta het volgehou hy is nié ʼn voortvlugtende nie nadat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se batebeslagleggingseenheid en die polisie verlede jaar ʼn klopjag op die familie se Saxonwold-herehuis uitgevoer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Deon ·

Daar gaan niks met die Guptas gebeur nie, ten spyte van Ramaphosa en die NVG se nuwe baas se beloftes.

Blue Butterfly ·

Hoekom is ek nie verbaas nie? Net nog ‘n doodloopstraat en onbevoegde mense wat kwansuis WOU vervolg en later word daar nie weer ‘n woord daaroor gerep nie. Uiters pateties!

So val al die geraamtes uit die kastes en word hulle almal so stil-stil begrawe …

Gert ·

So hulle kom regtig met moord weg. Maak staat toe. Hulle seker langs zuma in arabia

Anni ·

Ja, wonder hoeveel geldjies was daar onder die tafel deurgegee en aan wie?

John ·

Die kommizzie is gekaap en gehok… en binnekort is ‘n Gupta ons ministes van finansies… dalk nog president en Z-junior die leier van die ANC.

Dries du Toit ·

Dit is so tragies. Buiten al die misdade wat hulle gepleeg het het so baie klein besighede ondergegaan a.g.v. hulle. Hulle het my beroof van bykans n half miljoen wat my ondergang ook bewerkstellig het.

Sons ·

En so word korrupsie onder die mat in gevee. G’n wonder geen wonder ons mooie SA is amper niks meer van oor nie. Hartseer.

Tanya ·

Almal van hulle sit om 1 vuur glo my.Nou is 1 of ander persoon weer geld ontvang.Net jammer ek is nie SA besig om alle krag te verloor

Christine ·

Pierre, dis nou flink dink ek het nou so lekker gelag!!

James ·

Soos ek gese het. Daar gaan niks van kom nie. En wat ek eintlik daar gaan niks van kom nie want daar is niks meer of te vat of te baklei of niks meer geld nie.

Justice ·

R100 miljoen vir nog `n Gupta troue in Abu Dhabi volgende week – wie moet hulle bedank?

Johan ·

Die Guptas word hanteer asof hulle bo die wet verhewe is.
Die enigste mense wat ooit doeltreffend vervolg EN miskien gevonnis sal word vir korrupsie , die sogenaamde “klein vissies”.

Thinus Erasmus ·

Dis OK, ons wil nie verder geld en tyd op hul vervolging mors nie

Thinus Erasmus ·

Die staat vat in elk geval dekades om enige groot saak te vervolg

Thinus Erasmus ·

Die staat self is so korrup dat hul self die vervolging saboteur

Willehond ·

Ek en ek dink almal het geweet daar sal niks van kom nie! Soos met al die ander sogenaamde bravade van die big boys! Ek lag my vrek vir ons pragtige snaakse klomp narre!

Thinus Erasmus ·

Solank hul net die geldkrane toedraai en sorg dat hul nie terugkom nie.

Mirror, mirror on the wall, whose the most corrupt of them all? ·

Presies Mango’tjie. En die NVG is ‘n olifant wat ‘n muis baar. Al die werklike korruptes sit dik in die dollars binne in die regering en vrees geen vervolging nie. Big brother is aan hulle kant….

Waarheid1 ·

Wel indien hulle nie vervolg gaan word nie, nooi hulle uit vit tee? Hier is miljoene SAners wat graag vir hulle vir n koppie TEE sou ontvang.!!!!!Ek is een van hulle!! Dan kan hulle vir die massas verduidelik wie al die geld vir hulle gegee het!Dink net hoe die massas die TEA party dan sal geniet!!

Wonder ·

Ja hulle kan by Waterkloof land en die Valke kan hulle begelei deur die strate van die hele SA en dan kyk ons wat gebeur. Moenie die koffers geld op hulle vliegtuig se dak vergeet nie. Maak bekend dat die biljoene op die vluegtuig se dak vasgemaak is.Agter die entourage van die valke met die Guptas kan al die ministers met lang vingers stap.
Wat sal die massas doen wonder ek?

Johan H. ·

Hulle almal is dieselfde gemors. Beskerm mekaar,dis wat hulle doen. Maar oo wee skuld vir groot dief sars R10, dan sal jy gedryg word,met sms. E-posse.en die tronk.Dis hoekom ek antie zille die danseres se belasting boykot ondersteun, maar sy is baie stil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.