Valke swyg oor Libiese triljoene in SA

valkeDie Valke wou nie kommentaar lewer op berigte dat ondersoek ingestel gaan word na Libiese bates wat in Suid-Afrika gestoor word nie.

Die Sunday Independent berig Amerikaanse dollars ter waarde van sowat R2 triljoen wat aan Libië behoort, word in sewe swaar bewaarde pakhuise en bunkers in geheime gebiede in Pretoria en Johannesburg gestoor. Dit sluit die etlike miljarde rande wat wettiglik in vier banke in Suid-Afrika aangehou word, uit.

“Ons is op ʼn punt waar ons nie kan kommentaar lewer op die saak nie,” het die woordvoerder, kapt. Paul Ramaloko, gesê.

Die koerant berig die Valke is besig om ʼn moontlike oortreding van die valutabeheerregulasies te ondersoek.

Volgens The Independent is die bates, wat honderde ton goud en 6 miljoen karaat se diamante insluit, met minstens 62 vlugte tussen Tripoli en SA in die land ingebring.

Die koerant berig verder dat die meeste van dié bates glo uit Libië geneem is toe pres. Jacob Zuma betrokke geraak het by ʼn poging van die Afrika-unie om die voormalige Libiese president, Muammar Gaddafi, te oortuig om uit te tree ná opstande teen sy bewind in Februarie 2011.

Op die 10de April 2011 het Zuma aangekondig Gadaffi het ‘n plan om die konflik in die land tot ‘n einde te bring, aanvaar ná samesprekinge in Tripoli. Libiese rebelle het egter die plan verwerp. Gadaffi is op 20 Oktober van dieselfde jaar gevange geneem en doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

boer ·

Ek wonder hoeveel van hierdie bates nog oor is. Ek dink Libie, het n henge flater begaan om ons regering daarme te vertrou.
Is Zuma se bunker ook een van die stoor plekke ?

Dan ·

Op wie is die FICA Wet van toepassing? Skynbaar nie op die regering nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.