Die Valke wou nie Vrydag bevestig dat hy op soek is na oudpresident Nelson Mandela se kleinseun in verband met ʼn voortslepende bedrogondersoek wat met Aurora Empowerment Systems verband hou nie.
“Ons ondersoek elke bewering wat reeds in die media bekend gemaak is,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê. “Ons is op soek na ʼn paar persone. Ons kan nie hulle name bekend maak nie.”
ENCA het Donderdag berig hy het glo van ʼn betroubare bron verneem dat die Valke na Zondwa Mandela, besturende direkteur van Aurora, op soek is om ʼn verklaring by hom af te neem. Dit hou glo verband met ʼn aandeleooreenkoms tussen Aurora en Labat Africa vir ʼn aandeleooreenkoms ter waarde van R5.3 miljoen. Volgens die verslag het die Valke by die Nelson Mandela-stigting se kantoor en die oudpresident se huis in Houghton, Johannesburg, navraag gedoen oor waar Zondwa homself bevind.
zzzzzzzzzzzzzzz……………..HuH!!!
Ek vind dit nog altyd verstommend dat Nelson Mandela nooit eers sy eie huis in orde kon kry nie, maar was altyd bereid om vinger te wys na ander se “vergrype”
Swart goud,of so dink hulle
Hierdie hele lopie sal tot niks kom nie. Hierdie groepering staan bymekaar. Selfs die regte is ook onderworpe aan hulle ondersteuning vir mekaar. Dink dadelik terug aan hoe een regter twee ander regters probeer beïnvloed het om Zuma te bevoordeel.