Valke trek motorfdiefstal-‘baasbrein’ by hof vas

hof-hamer

Argieffoto.

Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het ʼn 31-jarige man in hegtenis geneem – vermoedelik die hoof van ʼn sindikaat wat spesialiseer in motordiefstal.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagte is Dinsdag by die Westgate-landdroshof in Johannesburg in hegtenis geneem toe hy verskyn het in verband met ʼn ander onverwante saak van motordiefstal.

Volgens Maluleke het die verdagte vermoedelik ʼn groep diewe gelei wat ʼn vloot nuwe Ford Ranger-voertuie in Desember by ʼn motorhandelaar in Phalaborwa gesteel het.

“Tsununu Ahmad Maphosa (31) en Mpho Dzwuguda (26), wat glo deel is van die beweerde sindikaat, is in Januarie vanjaar vasgetrek. Dzwuguda is vrygelaat op R3 000 borgtog terwyl Maphosa in aanhouding sal bly tot sy volgende verskyning op 2 Mei,” het Maluleke gesê.

Vyf van die ses gesteelde voertuie is onderskep en teruggevind by die Limpoporivier naby die Beitbrug-grenspos voordat dit oor die Zimbabwiese grens geneem kon word.

Die verdagte sal vandag in die Masisi-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte van diefstal by ʼn sakeperseel asook verskeie ander aanklagte van motordiefstal.

Die ondersoek duur voort.

Maluleke het gesê die moontlikheid vir nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Irene ·

Mooi si Maak die Valke organisasie nog groter hul doen goeie werk

Cherokee ·

Wanneer ek van die Valke lees onthou ek dat hulle in die plek van die Skerpioene gestig is om Zuma te red. Hulle vergelyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.