Valke trek munisipale hoës, sakelui in Limpopo vas

Talle munisipale amptenare en sakelui is vasgetrek. (Foto: Verskaf)

Altesaam 13 munisipale amptenare van die Mogalakwena-munisipaliteit in Limpopo en 11 sakelui is Maandag vasgetrek in verband met beweerde korrupsie.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, is die verdagtes almal senior amptenare by die munisipaliteit of direkteurs van sakeondernemings wat met die owerheid sake gedoen het.

“Die amptenare het na bewering geld en geskenke van diensverskaffers ontvang, terwyl verskeie sakeondernemings betaal is vir dienste wat nooit gelewer is nie,” sê Maluleke.

Weens die onwettige bedrywighede is die munisipaliteit na raming meer as R15 miljoen kwyt.

Die Valke het die verdagtes Maandagoggend by die munisipaliteit se kantoor op Mokopane in hegtenis geneem.

“Daar is ook beslag gelê op ʼn BMW wat aan een van die verdagtes se vriendin behoort.”

Die 1-reeks BMW was glo ʼn geskenk wat as deel van die beweerde korrupsie gegee is.

Die verdagtes sal so gou moontlik in die hof verskyn en verdere inhegtenisnemings word verwag.

Die verdagtes is by die Mogalakwena-munisipaliteit in hegtenis geneem. (Foto: Verskaf)

Intussen het Marcelle Maritz, leier van die VF Plus in Limpopo, die inhegtenisnemings verwelkom.

“Die VF Plus, in samewerking met ander opposisie-raadslede, verskeie gemeenskapsorganisasies en belangegroepe, veg sedert 2014 vir geregtigheid nadat die munisipaliteit deur ʼn korrupte faksie binne die ANC oorgeneem is,” sê sy.

“Dit is skokkend dat die eens vooruitstrewende munisipaliteit binne ses jaar tot absolute verval bestuur en besteel is.”

Volgens Maritz is sy en vier ander raadslede op ʼn sogenaamde politieke moordlys nadat hulle dié wangedrag op die lappe wou bring.

“Die VF Plus sal onverpoos veg vir geregtigheid en vir die uitroei van korrupsie en korrupte amptenare in die munisipaliteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

LD ·

Dis hoogtyd!!! Hoop net dié keer word daar werklik iets aan die skuldiges gedoen en nie soos baie ander sake wat stil-stil onder die matte ingevee word nie! Ons dorp is ñ hool en die strate lyk baie sleg!

Thom ·

Met uitsondering van die Wes-Kaap waar meer verantwoordelike mense in beheer is .

Misky ·

Dis wat gebeur as jy bokwagters agter ‘n lessenaar druk en ‘n titel gee

Androclus ·

En dis net our people niemand anders nie,ons teerstrate lyk nou soos grondpaaie en hulle eet solank die geld.

Dup ·

Korrupsie,bedrog,diefstal en skelmwees het regdeur die totale plaaslike en nasionale regering versprei.Dit sal ñ onbegonne taak wees om die situasie om te draai want omtrent die hele spul is betrokke.

Trotse Boervrou ·

Nou, na 26 jaar, eers? Dit gaan nie werk nie ANC. Die koffers is leeg. Daar is niks meer om vir jul volgelinge te bied nie. Ons het ook nie meer om te gee nie want julle het dit ook alles gevat. Julle wen geen stemme nie. So wat nou? Pak maar jul tassies….

LD ·

Die heel eerste een wat hier uitgevang was is uit haar pos verwyder en net oorgeplaas na Warmbad se munisipaliteit, so die korrupsie gaan daar net voort….. Ek is bevrees dis maar hoe hulle sal voort gaan in al die dorpe (uuggh)

Elinette ·

As ek Marcelle Maritz is, slaap ek snags met een oog oop … Dié kaders – mense, kan ek hulle nie noodwendig noem nie – het geen respek vir ander se lewe nie. En hulle hou gewoonlik nie daarvan as hulle uitgevang word nie ….

LD ·

Glo my, sy doen!! Die security company aan wie sy behoort het omtrent hulle hande vol!

Casper ·

Aitsa ,ons is dan ‘n omgee nasie wat vir die wêreld wil wys hoe dit gedoen word.Ek glo nie vir een oomblik die wêrel glo ons is ‘n omgee nasie nie.

Cecilia ·

Ag ons wet mos. More loop hul uit op R1000 borgtog. D saak gaan jare sloer en uiteindelik gaan niemaand ooit skuldig bevind word nie. D saak gaan belastingbetalers net nog Rmiljoene kos sonder enige resultate

Frank ·

Dankie tog, uiteindelik. Die dorp wat eens die pêrel van die Noorde genoem is, is reeds afgebreek en vervalle. Sprinkane.
Wil ook nie meer Eskom krag kom herstel op plase na-ure nie, want daars nie meer geld nie…

LD ·

Presies!! En as dit nie vir Marcelle was nie het ons die hele naweek sonder krag gesit!

Pieter ·

More is hulle uit op vyf honderd rand borg en die saak vat tien jaar om af gehandel te word. Die anc land se regstelsel is n grap dit is hoekom dit gaan soos dit gaan. Nou sit hulle lekker by die huis met volle selaris en ons betaal loop voetsek man

Flip ·

Kom maak sommer gerus n draai hier by Akasia se bestuurders lisensie kantore ook. Ek is seker julle sal n hele paar mense saam met julle neem…..

Gert ·

Geen ANC lid of gekoppelde sal ooit tronk toe gestuur word nie-Zondo kommisie net ‘n duur Rook Skerm-‘Once a Comrade Allways a Comrade’!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.