Valke trek ‘permit-smous’ vas

Argieffoto

Die Valke het Dinsdag ’n verdagte in Centurion in hegtenis geneem wat na bewering bedrieglike permitte aan eienaars van informele ondernemings verkoop het te midde van die algehele landwye afsondering.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring ’n 22-jarige verdagte van Olievenhoutbosch het na bewering permitte aan eienaars van ondernemings verkoop wat nie noodsaaklike dienste gedurende die afsondering lewer nie.

Volgens Mulamu is die Valke van die beweerde bedrywighede in kennis gestel waarna beamptes met die verdagte in verbinding was onder die voorwendsel dat hulle ’n permit wou aanskaf.

Die beamptes het R300 aan die verdagte oorhandig waarna die verdagte in hegtenis geneem is toe hy die permit aan hulle wou oorhandig in ruil vir die betaling.

Die man sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

antieke antie ·

ek dink daar is baie wat so permitte uitreik en ekstra geld maak…. is daar regeringswerkers wat die dokumente verskaf vir ekstra geld….. ons weet mos rybewyse word so gekoop…deur iemand

Genis ·

Bly maar ongelukkig n korrupte spul… dis maar ongelukkig so…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.