Valke trek talle polisielede vas vir dwelmsmokkelary

Argieffoto: SAPD/Facebook

Altesaam 12 polisiebeamptes, tussen die ouderdom van 30 en 51 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid by die smokkel van dwelms. Hierdie beamptes het glo die dwelms waarop hulle by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê het, gesteel.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die inhegtenisneming volg op ʼn drie jaar lange ondersoek van die Valke op aantygings van korrupsie wat by die OR Tambo Internasionale Lughawe plaasvind.

Mogale sê daar is vermoedelik op bykans R1 miljoen se kontant by een van die beamptes se huis beslag gelê.

Volgens Mogale is daar vyf lede wat nog nie vasgetrek is nie: Een is in kwarantyn, een word nog gesoek en drie gaan hulself binnekort aan die polisie oorgee.

Die beamptes staan tereg op aanklagte van diefstal, dwelmhandel, dwarsboming van die gereg en afpersing. Tot dusver is altesaam 20 dossiere vir korrupsiesake geopen.

Die beamptes sal na verwagting volgende Dinsdag in die streekhof in Kempton Park verskyn.

Intussen is ʼn verdere 11 metropolisiebeamptes, tussen die ouderdom van 32 en 49 jaar, ook Vrydag in hegtenis geneem. Tien van die lede is mans en een ʼn vrou.

Mogale sê hierdie inhegtenisnemings spruit voort uit ʼn voortslepende ondersoek wat in November 2018 begin is. Die beamptes het na bewering omkoopgeld van motoriste geëis in ruil daarvoor dat hulle nie vir ernstige motoroortredings beboet word nie.

Die beamptes sal na verwagting ook volgende Dinsdag in die Pretoria-, Tembisa- en Hammanskraal-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die inhegtenisnemings verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cornrit ·

Korrupsie, korrupsie, korrupsie. Hoe word hierdie SAPD lede gekeur. Ek dink jy moet Graad 1 net deurgekom het, en/of n graad in korrupte metodes hê, om te kwalifiseer. Dankie tog vir die Valke. Mnr Rhamaphosa sal NOOIT korrupsie kan uitroei nie. Daar is dan tweespalt in die regering, tussen die korruptes en die nie-kortuptes. Dit lyk vir my al asof hy teen donderweer baklei.

Spyker ·

Sigarette en drank kan by sekere polisiestasies gekoop word. So word aan my vertel deur rokers en drinkers. Nou waar kom die voorraad vandaan?

Scalla ·

Self gesien hoe polisie man bokse sigarette aflaai by tuckshop met polisie voertuig

Termiet ·

Ek kan maar net lag want ek is al lankal verby verbaas wees en kwaad word.

Thelsa ·

Ek hoop van harte dat hierdie die begin is dat al hoe meer persone in hegtenis geneem sal word. In meer as 25 jaar kon die cANCer nog nooit daarin slaag om een van hulle eie kaders in hegtenis te neem en suksesvol vervolg nie.

Sarel ·

Eerstens gaan borg toegestaan word?
Tweedens is hulle geskors met volle salaris of gaan hulle bloot terug werk.toe.
Hoekom is daar nou skielik arrestasies… volgende jaar verkiesing en agter gekom mense isxgatvol.vir Korrupsie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.