Valke trek voormalige munisipale bestuurder vas

(Argieffoto)

’n Voormalige munisipale bestuurder van Noordwes het Maandag in ’n hof in dié provinsie verskyn nadat hy in hegtenis geneem is vir sy beweerde versuim om die nodige prosesse gedurende die toeken van tenders te volg.

Cassius Sebatane Sejake (45) word daarvan beskuldig dat hy as waarnemende munisipale bestuurder by die Ratlou- plaaslike munisipaliteit (Delareyville) tussen 2018 en 2019 tenders van sowat R5,8 miljoen toegeken het.

“Daar word beweer dat die verdagte as rekenmeester nie redelike stappe gedoen het om te verseker dat openbare verkrygingsprosesse gevolg en nagekom word nie. Diensverskaffers is na bewering aangestel sonder ‘n mededingende bodproses,” sê kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke.

Sejake staan nou tereg op aanklagte van die oortreding van Artikel 173 (vrugtelose en verkwistende uitgawes) van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer Sejake na verwagting aansoek sal doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris dupreez ·

Hierdie is klein vissies, ons soek groottes soos,zuma ,maghashule, mahumapelo,malema,lynn brown ens.

daniel ·

Jy het goeie hoop om te dink dat die groot visse aan die pen gaan ry.
Ek betwyfel dit dit egter sterk..

Dup ·

Spieëltjie,spieëltjie aan die wand,wie is die skelmste in die land……..?

Johan ·

Sejake moenie bevrees nie, jy is Pretoria se volgende bestuurder jy het aan die kaders bewys jy kan.

Hennie J ·

Voor hy Pretoria toe gaan sal hy eers by n klompie munisipaliteite as n ‘kundige’ gedeploy word want daar is nog kaders wat moet leer hoe om te deel.

daniel ·

Ek verstaan nie hoe korruptes skelms nog hoegenaamd borgtog kan kry nie. Of is dit n manier on hulle te laat vry kom?.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.