Valke vang ‘polisiemoordenaar’

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die valke het ʼn 34-jarige man in hegtenis geneem vir die onlangse moord op ʼn Oos-Kaapse polisiesersant.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagte is Dinsdag in Queenstown, noord van Oos-Londen, in hegtenis geneem.

“Die verdagte sal teregstaan op die moord van sers. Xolani Sowambi (35) en besit ʼn ongelisensieerde vuurwapen wat in sy besit gevind is,” het Mulaudzi Woensdag gesê.

Sowambi is glo Saterdagaand deur twee verdagtes gekaap en vermoor terwyl hy in sy eie motor op pad was werk toe. Sy motor is kort daarna in Whittlesea opgespoor. Die polisie het die voertuig van die pad af getrek, waarna twee verdagtes te voet gevlug het.

“ʼn Deurbraak in die saak het gehelp dat een van die verdagtes spoedig aangekeer is. Die soektog na die tweede verdagte duur voort.”

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Queenstown-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lynette ·

Snaaks hoe vinnig sekere moordenaars gevang word terwyl ander nooit eers gesoek word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.