Valke vat meer as R50 miljoen se bates by oudburgemeester, amptenare

Argieffoto van Zandile Gumede, voormalige burgemeester van die eThekwini-munisipaliteit (Foto: Nqobile Mbonambi/ ANA)

ʼn Lamborghini, ʼn Porsche en Jaguars was maar net van die bates waarop die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid Donderdag by eiendomme van onder andere Durban se voormalige burgemeester beslag gelê het.

Die eenheid, in samewerking met verskeie ander agentskappe, het in ʼn rits klopjagte toegeslaan op verskeie eiendomme. Verskeie daarvan behoort aan voormalige eThekwini-burgemeester, Zandile Gumede.

ʼn Lasbrief vir die beslagleggings is by Gumede se huis in Inanda op haar beteken. Valke-woordvoerder Hangwani Mulaudzi het gesê Gumede moes onder meer aandui waar van die bates is waarop die Valke nog nie beslag gelê het nie. “Wanneer dít alles gedoen is, word die meeste van die items gestoor. Sy het nog die geleentheid om die hof te nader as sy [die optrede] wil teenstaan,” het hy gesê.

Gumede se regspan was teenwoordig toe die lasbrief op haar beteken is. Die Valke, vergesel deur die balju, is aanvanklik na Gumede se huis in Umhlanga. Daar het hulle agtergekom die huis word al sedert Julie vanjaar verhuur. Die verhuring is ʼn oortreding van Gumede se borgtogvoorwaardes, omdat die huis in haar vroeëre aansoek om borgtog as haar permanente woning aangedui word.

Mulaudzi het gesê dié kwessie geniet prioriteit.

Gumede se eiendomme was onder tientalle waarop sedert vroegoggend toegeslaan is. Daar is tot dusver beslag gelê op gesamentlike bates van meer as R50 miljoen.

“Bates sluit in vaste bates in Zimbali en Umhlanga Rocks, luukse voertuie – waaronder ʼn Lamborghini, ʼn Porsche en Jaguars – bates wat in trusts en maatskappye versteek is, asook kontant in bankrekeninge,” het Natasha Kara, woordvoerder van die NVG in KwaZulu-Natal, gesê.

Gumede, raadslid Mondli Mthembu en sakeman Craig Poonan het in Mei vanjaar in die Durbanse handelshof verskyn vir die beweerde rolle wat hulle in tenderbedrog gespeel het. Die saak hou verband met ʼn vasteafvalkontrak van meer as R200 miljoen vir die stad. Die kwessie dateer uit 2016.

Die drie is daarna op borgtog van R50 000 elk vrygelaat. Hulle het in die hof verskyn twee weke nadat nog nege beskuldigdes – sommige van hulle maatskappyverteenwoordigers – in dieselfde hof vir hulle vermeende betrokkenheid by dieselfde tender verskyn het. Die groep verskyn almal weer in Januarie in die hof.

Hulle word aangekla van onder meer bedrog, oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, asook oortredings van die Wet op Georganiseerde Misdaad.

Gumede en Mthembu word ook daarvan aangekla dat hulle ʼn onwettige byeenkoms in April aangehits het. Hulle ondersteuners het toe die afdanking van stadsbestuurder Sipho Nzuza geëis.

Nzuza het glo geweier om die betalings vir die omstrede tender af te teken.

Die ANC het Gumede in Augustus “herontplooi”, nadat sy aanvanklik geweier het om haar pos as burgemeester te ontruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Sarel ·

Heronyplooi……so word hulle herontplooi tot in die Parlement. Kyk uit vir Magashule

Anoniem ·

Die Spits van die Ysberg of die Oortjies van die Seekoei

Hierdie is maar net die Begin !

PJ ·

Hoop so… En hoop meer word vasgevat. Sy moet tronk toe…. Dis ongelooflik… En haar mense krepeer….

Rm ·

En so sal sy later alles terugkry met n paar miljoen rand se skadevergoedingseis asook n hoe pos in ANC geledere, die pos is beloning vir die hoe vlak van korrupsie wat sy behaal het

Carl Jordaan ·

Heeltemal korrek, net een van duisende wat dalk vasgetrek kan word. Sal die howe ooit tyd en geld hê om die duisende verdagtes se honderde aanklagtes te ondersoek. Hoeveel skelms gaan ooit aan die pen ry.

Foxi ·

Goeie aarde, sulke motors vir n burgermeester? Het nou rerig nue meer woorde nie!

Regs! ·

Nee dit is verseker nie. Ek bid elke aand vir ons regering. Ek bid dat hulle beker sal oorloop van dit wat hulle verdien en dat hulle gou tot ‘n val kom en nie ‘n lang lewe sal hê nie! Koning David het dit ook gedoen!

WESKUS NOOI ·

Anoniem, sulke mense kry maar net wat hulle verdien. Moet nie sleg voel, daar is baie wat voel soos jy ….

Die Saai en Maai beginsel!

Regs, Ons moet bid vir die regering, maar nog harder vir ‘n regverdige Christenvresende regering. Jammer, dit het ons nie, so ons sal moet harder bid!

Gert van Wierdapark ·

Ons kan maar net raai waar die ander R500 miljoen weggesteek is!! Foeter haar op, dankie vir die begin Valkies!!!!

Chris Ws ·

Goeie begin vir die Valke.Nou moet hulle by die hele land se munisipaliteite gaan inloer en AL die burgemeesters en munisipale bestuurders arresteer vir bedrog en AL hul bates konfiskeer.Dit kan pret wees!

wilma ·

Bou asb nog tronke. daar nie genoeg tronke om al die skelms vani Govt te akkomodeer

Gert van Wierdapark ·

Die R50 miljoen is hopelik net die begin van die ondersoek van die Valke! Dis HOOG TYD dat n voorbeeld van iemand gemaak word, sodat die res kan volg!!

Skroef ·

Dink sy is Mandela met die vuis in die lug. Dink net, haar vuis sal in die lug bly totdat sy n mooi oranje pakkie kry.

Roberto Betta ·

I’m still trying to figure out if that’s a man or a woman.

Ore ·

Burgemeester met bates van R50 miljoen? Dit blyk dat dit ‘n hoogs betaalde pos is of is die ” byvoordele” baie beter? Sy sal soos Zuma kat en muis met die vervolging speel en nooit voor die hof kom nie

Antjie ·

Dit was maar net n front gewees vir die televisie. More het d skelms weer al hul bates terug gekry en niks gaan daarvan kom nie. Dir werk mos maar so as jy saart en Anc is

Helga ·

Hoeveel sulke gevalle van 94 af. Die koei is nou droog gemelk, verseker is dit n goeie stap Om te konfiskeer, maar die skade is daar.

Chid ·

MM, berig is inkorrek. die huis in Umhlanga het sy net gehuur en is Julie daar weg. Dit is en was nooit haar huis nie.

Willem ·

Jy is reg Chid. Die fancy voertuie is ook nie hare nie maar wel vd ander beskuldigdes se voertuie. Verkeerde beriggewing.

Magda ·

Herontplooi – REgtig ANC – Hoe ernstig is julle om korrupsie uit te roei. AO aj vergeet julle is die Boom / Wortels van korrupsie en die ander gemors is maar net die takke wat dit verder uitvoer. Wat n skande is julle nie – maar dom soos grond want julle kom dit nei eers self agter nie. Sy verdien nou ent tronkstraf met geen niks op haar naam nie. Begin van onder af en werk HArd en eerlik vir dit wat jy wil he .

Andre ·

Sou graag n vlieg teen die muur wou wees om te sien wanneer sy daai “LAMBO” aantrek en probeer bestuur!! LMGA!!

Neels ·

Mensig maar die koruptenaare is lief vir die duur karre. Op hulle sigaar aande in die Kuba lounge kyk hulle seker wie kan die meeste spog met die duurste kar. Eish bo blink onder stink

charmaine ·

Sulke duur motors en hulle kon dit seker nie eers bestuur nie.

ek ·

Ja nee en ons moet net uit haal en wys. As dit nou een van ons was wonder ek wat sou gebeur het?

Gert@Retire@Midstream ·

Hou die vordering en verdere ontplooiing van die ondersoek en en spoedige optrde verder met belangstelling dop.

Sam Brookes ·

Ek is so dankbaar vir hierdie gebeure. Jammerlik verloor Suid-Afrikaners steeds omdat boewe soos hierdie seker gemaak het dat hulle veel meer erens anders weggesteek het. Laat dit die begin van bate-onteiening van hierdie regeringsrowers wees. Wend die geld aan waar dit nodig is: hospitale, skole, ens.

Allie ·

Kan die president tog nie asseblief burgemeesters se salarisse tot die minimum besnoei nie? Hulle beteken in elk geval NIKS. Laat hulle gewone, eenvoudige motors koop. Wat is fout met bv. ‘n sedan motor soos ‘n Toyota? Nissan? Ford? Behoed ons ! Behoed ons!

Johan ·

Hierdie een gaan weer onder die mat gevee word….as jy sien sy word herontplooi…….ek dink hier ook moet afriform en Gerrie Nel n voorbeeld maak dat jy nie kan weg kom met bedrog nie…..soos daai Molefe vent….

Pieter ·

Nou vir die drie groot bekke nl Malema ,Hlaudi en Magashule !

Pieter ·

Hierdie is net `n paar mm van die reusagtige ysberg. Die land is vrot van sulke mense en dit sal nog jare en jare vat om almal aan die pen te laat ry. Voorspoed, ons begin beweeg in die regte rigting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.