Valke vat wapens wat ‘nie veilig bewaar word’

Argieffoto

Daar is beslag gelê op altesaam 184 vuurwapens tussen 21 en 23 Augustus ná ʼn gesamentlike operasie in Gauteng en die Wes-Kaap.

Die operasie was in samewerking tussen onder andere die Valke en verskeie eenhede van die polisie.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die operasie is op die sakepersele in Meyerton, Henley-on-Klip en Johannesburg uitgevoer.

“Daar is op 184 vuurwapens, waaronder 115 rewolwers, vyf pistole, 60 jaggewere en vier haelgewere, beslag gelê. Dié beslaglegging volg op ʼn deeglike ondersoek wat in Kaapstad begin het en na Gauteng oorgespoel het weens die beweerde gebrek aan ordentlike beheer van wettige vuurwapenvoorraad deur die wettige eienaars,” het Nkwalase gesê.

Nkwalase het gesê die vuurwapens waarop daar beslag gelê is, sal gestuur word vir verdere forensiese ontleding om hul oorsprong te bepaal en vas te stel of dit in die pleeg van enige misdade gebruik is.

Niemand is in dié stadium nog in verband met die beslagleggings in hegtenis geneem nie hangende die ondersoek na die oortreding van die voorskrifte soos vervat in die Vuurwapenbeheerwet.

Die Valke het intussen in ʼn onverwante voorval ook ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor twee gesteelde jaggewere om na vore te kom.

ʼn Onbekende aantal verdagtes het glo tussen 8 en 9 Augustus ʼn huis by die Samela Game Lodge op Paardebergweg in die Paarl binnegegaan en twee jaggewere asook verskeie huiswerktuie en klere gesteel.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Van Beulen by 071 481 3259 bel. ʼn Beloning word uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle opsporing van die wapens asook die inhegtenisneming en vervolging van die verdagtes kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JA toe ·

Doodreg VALKE, ek het vir julle ‘n paar POLISIESTASIES SE NAME Waar dit ook nie veilig bewaar word nie. Hulle is vinnig om dit weg te van van indiwidue maar nie by polisiestasies waar dit op die tafels le of by half oop kluise uithang nie ..

marous ·

Ja. Hoeveel van die valke se huise is nagegaan vir kluise ?

Salamander ·

So sal wetsgehoorsame burgers gepolisieer word, want dis makliker.

Staak ·

Kluise is sekerlik die onveiligste plek vir wapens want dit is die rede hoekom jy n kluis koop……vir jou wapen natuurlim!!

Vegter ·

Hier is weer duudelik n ander motief agter dit hoekom voer hul nie hierdie jagtogte in
Nedersettings uit nie hoekom besighede wat niemand skade dien nie

bgj van der westhuizen ·

as die wit man geontwapen is hy makliker tieken om te vermoor wand hy kan hom dan nie meer verdedig nie en is afhanklik van die sapd wat sal staan en toe kyk hoe jy vermoor word wand hulle sal niks doen om te keur nie

Antiestabliesment ·

en so begin die Guerilla (onkonvensionele oorlog) op wetgehoorsames. Wanneer net die staat en kriminele wapens het, dan is dit ‘nag’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.