Valke verheug oor skuldigbevinding van oud- munisipale bestuurder

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige munisipale bestuurder is in die George-landdroshof skuldig bevind dat hy die Oudtshoorn-munisipaliteit met meer as R2 miljoen bedrieg het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder vir die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Vrydag gesê die 60-jarige Martin Noël Pietersen sal op 30 Maart 2017 gevonnis word.

Ramovha het gesê Pietersen is in Augustus 2013 in hegtenis geneem. Die klagtes het gespruit uit vyf aanklagte van oortreding van artikel 173 van die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies.

“Pietersen het van Oktober 2010 tot Junie 2011 sy mag misbruik deur verkwistende uitgawes ten gunste van IBR Consultants goed te keur, ʼn entiteit waarmee hy verbind word.”

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het die uitspraak verwelkom. “Indien korrupsie nie hokgeslaan word nie, kan dit die goeie regering in die land afbreek en ons swaarverdiende demokrasie sal ondoeltreffend gelaat word en die mense van die mees basiese dienste ontneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

snoefie ·

Lt.genr dit is maar vyf aanklagte. hoe vervolg jy op VYF aanklagte maar 744 is nie vervolgbaar nie?

Rabes ·

Ja sluit die gemors toe en nou het hy die camdeboo ook besteel. Wat sê die anc nou dat hulle die skelm aangestel het. Klomp patete.

Rabes ·

Noël Peterson is ‘n predikant en di’s nie net Oudtshoorn wat deur geloop het nie, maar die Camdeboo ook. Dit is vir my baie snaaks,maar dit blyk dat predikers wat die politiek betree nie hulle hande van die vondse kan ofhou nie soos bv. Allen Boesak

Cherokee ·

Rabes, geen van die name wat jy noem het enigsins met vondse gepeuter nie. Jy beskuldig hulle van dinge waaraan hulle nie skuldig is nie. Hul skelmstreke en dit waaraan hulle skuldig bevind is, was insake fondse.

Asjas ·

Kon net nie my lag hou toe ek by die laaste paragraaf kom nie.
Hulle gaan die hele ANC moet vervolg as dit die geval is.

Helene Heyns ·

Ekskuus?????? Die GOEIE regering van die land afbreek. Hehehe

zoom zoom ·

Miskien moet die Valke ‘n voorbeeld maak van onse No1. Die res kan dan by hom aansluit soos wat hulle skuldig bevind word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.