Valke verloor appèl oor Booysen

Johan Booysen

Johan Booysen

Die Valke se appèlaansoek oor die skorsing van genl.maj. Johan Booysen, sy KwaZulu-Natalse hoof, is van die hand gewys.

Regter Anton van Zyl het Woensdag in die hooggeregshof in Durban gesê daar is geen vooruitsig van ʼn suksesvolle appèl teen ʼn vroeëre uitspraak waarin Booysen se skorsing na aanleiding van bewerings van bedrog opgehef is nie.

Die Valke se regsverteenwoordiger, William Mokhari, het aangevoer Van Zyl het nie die reg gehad om oor die saak te besluit nie, aangesien dit ʼn arbeidsdispuut was en die nasionale hoof van die Valke, genl.maj. Berning Ntlemeza, binne sy regte opgetree het om Booysen te skors. Booysen se regsverteenwoordiger, Gardner van Niekerk, het egter gesê die hof het wel die reg gehad om die saak aan te hoor, aangesien Booysen se grondwetlike reg om te werk, geskend is.

Ntlemeza het Booysen op 14 September geskors, kort nadat hy in 2015 as die nasionale hoof van die Valke aangewys is. Booysen is geskors te midde van bewerings van bedrog van meer as R15 000 – ʼn bewering wat deurlopend deur Booysen ontken is.

Van Zyl het Woensdag die Valke se aansoek van die hand gewys en beveel die staat moet die regskostes van die aansoek betaal. Die enigste verdere regsopsie vir die staat is om die saak na die appèlhof te neem.

Booysen het na afloop van die saak gesê hy is tevrede met die uitspraak en het verwag dat dit in sy guns sou wees.

Ntlemeza het verlede week ʼn nuwe KwaZulu-Natalse hoof vir die Valke aangestel. Op ʼn vraag hieroor het Booysen gesê, “Ek dink nie dit is ʼn probleem vir my nie. Dit is ʼn probleem vir hulle”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

hennie ·

Ek wonder net wie betaal aan die einde van die dag al die regskostes van die partye

Ww ·

Lig die gewone publiek ‘in hoeveel hofsake die afgelope vyf jaar daar was tussen ANC en mense soos Booysens en wat ANC verloor het met belasting geld en om veral witmense uit poste te druk gepraat van rassisme

DPJ ·

Hoe lank gaan hulle nog aan hou met rasisme teen wittes. Gaan hulle nou grondwetlike hof toe om saak uit testel?

Leon Coetzee ·

Een van die beste polisiemanne nog , maar omdat hy sy werk doen en sodoende ‘n gevaar is vir die regime word van hom ontslae geraak . Dit is nie die eerste keer nie.

Pieter.v ·

So het Zuma van die Valke ontslae geraak wat n bedreiging vir hom en sy regime was,ek daag hom en sy regime om met bewyse en rede aan Suid Afrika te verduidelik hoekom die Valke ontbind moes word.

Max ·

Zuma se hier in Afrika geld geen Westerste (Wit) standaarde nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.