Valke veroordeel berigte oor senior lid betrokke by NVG-diefstal

Valke

Argieffoto

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Dinsdag berigte, dat een van sy senior beamptes betrokke was by ʼn inbraak by die Nasionale Vervolgingsgesag in Pretoria, verwerp.

Eyewitness News het berig die twee staatsaanklaers, by wie se kantore by die Gauteng-Noord-kantoor ingebreek is, het gewerk op ʼn saak van brig. Nyameka Xaba. SAID-werknemer Vlok Symington beskuldig Xaba daarvan dat hy hom teen sy wil aangehou het tydens ʼn Valke-ondersoek oor Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies.

“Die Eyewitness-verslag is sonder gronde en sulke beskuldigings moes nooit soveel geloofwaardigheid gekry het nie. Dit is duidelik dat die berig ʼn poging is om brig. Xaba se persoonlike naam skade te berokken, gebaseer op inligting wat nie bevestig is nie,” het Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

EWN het ook berig Xaba is verlede week by die NVG opgemerk en het met twee staatsaanklaers vergader.

“Brig. Xaba en sy spanlede het onlangs ʼn uitnodiging van ʼn staatsaanklaer by die NVG-kantoor aanvaar om te gesels oor ʼn onverwante saak, in teenstelling met dit wat Eyewitness News berig het,” het Mulaudzi gesê, en Xaba verdedig.

Die Valke het gesê Xaba is tans met verlof, maar konsulteer met sy prokureurs oor “vals inligting oor hom”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Basjan ·

Dit gaan ‘n kwade dag vir Suid-Afrika wees indien Xaba wel by hierdie inbraak betrokke was. Tyd sal leer. Niks gaan my meer verbaas nie.

Mielie ·

Wel as EWN vals berig moet hulle aangevat word daar is seker n prosedure wat gevolg moet word. Dis kommerwekkend as mense teen hulle wil aangehou word ….

Domvraag ·

Sou n wetstoepasser wat veronderstel is om die wet te moet onderhou en dan mense teen hul sin aanhou maw onwettig en skuldig bevind word dan is hy n krimineel en moet hy afgedank word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.