Valke wil nie spekuleer ná moord op lid se pa

Nici Heerschap. Foto: Facebook

Niemand is al in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn lid van die Valke se pa Dinsdag in Melkbosstrand buite Kaapstad nie.

Kapt. Philani Nkwalase, Wes-Kaapse woordvoerder vir die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), wou egter geen verdere inligting oor hul ondersoek bekend maak nie.

Volgens Nkwalase wil hulle nie inligting bekend maak wat die ondersoek na die moord kan beïnvloed nie.

Nici Heerschap (74) is agter die stuur van ʼn motor doodgeskiet. Volgens Times Live het Heerschap in sy seun se motor gesit toe twee verdagtes hom glo genader het en hy twee keer geskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Heerschap se seun, Nico Heerschap, is ʼn speurder adjudant-offisier van die Valke. Nkwalase wou nie spekuleer oor die motief vir die moord nie. “Die motief vir die moord word ondersoek.

“Ons wil nie in die stadium spekuleer of die oorledene die slagoffer van ʼn huurmoord was en of hy dalk verkeerdelik geteiken is en of sy seun eintlik die moontlike teiken was nie.”

Die voorval het voor ʼn huis in Harold Ashwellweg plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Arno Scheepers ·

En natuurlik mnr speurder is jou Pa se inligting deur jou kollegas aan die skurke beskikbaar gestel.
Sterkte aan julle familie.

B ·

Of dalk gedink dis die seun? ‘Agter die stuur van sy seun se motor…’

johan van der mescht ·

duidelik was die valkie die taken gewees …..hulle gedink dit is hy….hoop die fff word ook gedoen…sterkte aan die familie

Genade ·

Dit was my broer wat geskied is. Ek kan net se as crime jou persoonlik raak dan tree n ander emosie in werking. Hy sal gemis word deur almal wat hom lief gehad het. Geregtigheid is net n woord in S A. Skurke seevier in die Gangster State. God please help us.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.