‘Valkelid’ vas ná beweerde afpersing

Valke

Argieffoto

’n Man wat hom na bewering as ’n Valke-beampte voorgedoen het om omkoopgeld te eis van een van die mense wat in die getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping geïmpliseer is, het Donderdag in die Wynberg-landdroshof in Gauteng verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê die 34-jarige verdagte is Dinsdag in Sandton, Johannesburg, in hegtenis geneem. Dít volg nadat die Gautengse Valke deur een van die staatskapingskommissielede in kennis gestel is dat ʼn persoon wat by die Bosasa-onthullings geïmpliseer word, glo afgepers word.

Die verdagte het hom glo voorgedoen as ʼn Valke-beampte en dié spesifieke persoon genader met die ooreenkoms dat hy kwansuis die Valke en Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoek teen die persoon sou laat vaar in ruil vir R200 000.

Volgens Mulaudzi het die persoon, wat genoem is in die onlangse Bosasa-onthullings, gevolglik ingestem om die verdagte te ontmoet. Dié persoon het R8 000 aan die verdagte betaal met die ooreenkoms dat hy later die dag die volle bedrag sou vereffen.

By die opvolgontmoeting was die ware Valke-beamptes egter op die toneel en het die verdagte op die plek in hegtenis geneem, sê Mulaudzi.

Hy sê die verdagte was in Valke-drag geklee en in besit van vals polisie-, Valke- en NVG-dokumente asook ’n vals aanstellingsertifikaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendri ·

Almal wil n huisie by die see he, almal hoop die struggle is verby.

Cherokee ·

…en daaris die wat oorweeg om huisies by die see te verkoop want die ‘struggle’ hou aan en aan.

Snowflake ·

Nee wat maak net eenvoudig nie saak watse poste beklee word nie…… uit gemaakte saak….. GEEN ITEGRITEIT NIE.. dis nou maar so

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.