Valkskermswewer val naby Bettysbaai

Bettysbaai. (Foto: Elaine Krige)

ʼn Valskermswewer is Saterdagaand ernstig beseer toe hy in ʼn bergagtige omgewing tussen Bettysbaai en Pringlebaai in die Wes-Kaap geval het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Kleinmond is Saterdag 18:15 oor die voorval ingelig.

“Lede van die NSRI en ʼn dokter het Saterdag die amper ontoeganklike terrein deurkruis om by die pasiënt uit te kom. Die man is beseer toe hy die grond getref het,” het Schalk Boonzaaier van die NSRI in Kleinmond gesê. “Ondanks sy beserings was die valskermswewer, wat na verneem word van Kaapstad afkomstig is, in ʼn goeie luim.”

Die pasiënt is ernstig beseer en op die toneel behandel voordat hy aan ʼn draagbaar vasgemaak en by die berg afgedra is na waar ʼn ambulans aan die voet van die berg gewag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Dankie NSRI vir jul goeie werk

JM

Dankie Here dat hy leef!