‘Vals dreigemente teen Malema ook voorheen misbruik’

Julius Malema. Foto: EFF

Die VF Plus het gesê hy sal seker maak daar word opgetree teen die EFF-parlementslid wat glo tydens die staatsrede ʼn polisiebeampte aangerand het.

Die VF Plus het die voorval waarby EFF-LP Marshall Dlamini betrek word ten sterkste veroordeel.

Die EFF beweer Dlamini het korrek opgetree omdat ʼn regse sluipmoord op die EFF-leier, Julius Malema, beplan word. Dlamini het die polisiebeampte, AO Johan Carstens, deur die gesig geslaan. Op ʼn video van die voorval, wat in die parlement se voorportaal gebeur het en op videokamera vasgelê is, lyk dit nie asof Carstens vir Dlamini uitgelok het nie. Carstens het ʼn klag van aanranding teen Dlamini ingedien.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het gesê die polisie word by die parlement ontplooi in opdrag van senior polisiebestuur om ʼn beskermingstaak te verrig en dat die aanranding van die betrokke polisielid daarop neerkom dat die EFF die gesag van die polisie uitdaag en ondermyn.

‘n Skermskoot uit die video.

“Die VF Plus sal die saak volg om seker te maak daar word wel strafregtelik opgetree teen Dlamini. Die party sal ook ʼn amptelike klag by die parlement se etiekkomitee indien teen Dlamini omdat sy gedrag volkome onaanvaarbaar is.”

Groenewald het gesê die EFF se bewering dat daar ʼn komplot teen Malema was en die aanval om dié rede plaasgevind het, is bloot ʼn versinsel.

“Malema het ʼn rekord van vals bewerings oor beweerde komplotte teen sy lewe en selfs van ontploffings by sy huis. Een voorbeeld was in 2011 toe die destydse minister van polisie, Nathi Mthethwa, in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus ontken het dat daar bomdreigemente was teen Malema, toe nog ANC-jeugleier.”

Volgens Groenewald is dit bekend dat die EFF en Malema graag voorgee sy veiligheid word bedreig in ʼn poging om aandag te trek. “Dit word ook soos in die jongste aanrandingsvoorval as verskoning gebruik vir sy lede se wangedrag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Santjie ·

Ek vra net…. al was daar dreigemente, hoekom moes die polisieman dan deurloop?

Johan ·

Ek verstaan nou nog nie hoe ‘n klap kwansuis ‘n sluipmoord aanval teen Malema sou keer nie.
Hierdie voorval kan op absoluut geen manier geregverdig word nie. Dit wys ‘n mens net die tipiese EFF se aggressiewe en kinderagtige mentaliteit.
Dit wil voorkom asof hulle van mening is dat EFF lede bo die reg verhewe is. Dat hulle “untouchable” is…..

willem Botha ·

Die eff mp het n persoon openlik aangerand en nou moet daar aangedring word dat die wet toegepas word en die mp moet gearesteer word en die reg moet sy gang gaan.

Herman ·

Moes Marshall Dlamini nie al gearresteer gewees het nie? Of is die wet net van toepassing op sekere mense?

lewies ·

Die eff moet hulle uitlatings en bewerings in die hof bewys. Daar kan nie toegelaat word dat daar persepsies oor regse groepe die wereld ingestuur word en dit is van alle waarheid ontbloot nie. Valse aanklagte oor rassisme is dan bewys, waarom nie ook hierdie bewerings nie. Die eff moet die sogenaamde regse groepe dagvaar of hulle informante oor so’n komplot bekend maak. Doen ‘n mens dit nie daal ons af na hulle vlak . Hulle noem nie eers die name van die regse groepe nie. Dit dui op ‘n ernstige leuen. As hulle vanuit die sosiale media afleidings maak, oor so’n komplot, moet hulle nie te lafhartig wees om ook diegene se name te noem nie. ‘n Vervolgingswaan het ‘n Psigiese oorsprong en is in die meeste gevalle persepsies.

Thinus Erasmus ·

Lewies, die verskoning is so vrot en die bewyse so duidelik dat dit werklik nie eers hofsaak nodig het nie, dis tyd en geld mors.

Kerneels ·

As dit nou ‘n wit mense was wat die klapwerk gedoen het en polisie man swart sou julle sien hoe vinnig hy optree.

Jurie Vermeulen ·

As jou lewe bedreig word dwaal jy nie rond nie, jy maak dat jy wegkom . Hier kan openlik gesien word hoe die groep wat reeds verby beweeg het omdraai en terug beweeg na Carstens om hom konfrontasie te ontlok en hom aanrand sonder enige rede. Ek neem aan hierdie verskoning is onder eed afgelê, indien geen bewyse van n komplot gevind kan word nie kla aan vir meineed.

John ·

Mag mens sommer ook iemand binne die parlement aanrand en daarmee wegkom? Hierdie geval is brute rassisme…. toon die EFF se ware kleur…

Gert ·

Ek wonder hoe die spul sou reageer as ‘n wit parlementslid ‘n swart polisieman sou aanrand voor almal.

Willie ·

Ek se julle die EFF is ANC… hulle is net n front..Niks sal met die maat gebeur nie… Dit was aanranding en rassime op die hoogste graad! Ek daag n EFF lid uit om my te klap..

Skroef ·

Al ooit gewonder hoe malema altyd op die bol is met alles wat in die anc gebeur as hy nie diep in die binnekring van die anc is nie?

jakes ·

As Malea kwansuis beweer dat n sluipmoord poging op hom verwag word dan is dit mos nie vreemd nie? Ek is verbaas dat dit nog nie uitgevoer is nie.

Cornelia ·

Dankie VF Plus. Ek is oortuig dat die meeste mense van Suid Afrika die strafproseswet met belangstelling dophou in die toepassing van sy uitvoerende gesag t.o.v die eff en blf. Die MRK word net so fyn dopgehou. Hulle skandes en skades is oorbekend. Ons hou dop en maak notas.

A ·

Kan hulle EEN keer verantwoordelikheid aanvaar en erken dit was verkeerd?

Willie ·

Hulle is soos n stout haatlikke kind, toets die grense…en wys ek sal dit doen as ek wil, en jy kan niks daaraan doen nie…

Klomp patete. ·

Die lp het Carstens uitgelok. Sou Carstens reageer om homself te verdedig, sou die eff sê dat Carstens die persoon is wat die sluipmoord moes uitvoer.
Daar sou beweer word Carstens het dan so aggresief opgetree en n lp aangerand, foeitog!
Dis presies wat die eff WOU bereik en toe blaas hul plan in hul gesig op , ha-ha-ha. Geluk Carstens dat jy sterk gestaan het en nie reageer het nie.
Jul sal nuwe leuns moet uitdink eff om die mense te flous, en moenie jul ou leuns te veel keer gebruik. Die mense is nie so dom as wat jul dink nie
Klomp Patete

Spike ·

A. Hierdie mense erken nooit ñ fout nie. Jy kan hulle op heterdaad betrap dan stry hulle. Het saam met hulle grootgeword, ek weet.

Lientjie ·

Ek het dit al voorheen gesê en ek sê dit weer…………… ‘n sluipmoordenaar werk ALLEEN hy bespreek nie eers met sy kat of hond by die huis wat hy beplan nie. !!!!!!!!!!!!!!!! So EFF kry asb ‘n ander verskoning!

Spike ·

A. Hierdie mense erken nooit ñ fout nie. Jy kan hulle op heterdaad betrap dan stry hulle. Het saam met hulle grootgeword, ek weet. Hulle is skaamkwaad mense. Skaam omdat hulle uitgevang is en ook kwaad daaroor.

JohanL ·

En as ‘n blanke lid van die parlement ‘n swar t polisieman geslaan het, sou CR seker ook onmiddelik se SONA toespraak bygewerk het met ‘n paragraag wat gaan oor die “tragiese toestand van die land waar rassisme nog hoogty vier”.

Feit is dat die EFF lid nie werd is om in parlement te sit nie. Dat sulke “trash” die land se burgers dien is ‘n skande.

tom ·

Die anc is bang vir malema dis hoekom hy weg kom met als.Maar sy dag sal kom

Johan ·

Die sogenaamde “regse komplot” is natuurlik Witmense.
Wat ‘n pateties deursigtige storie. Nie eers iemand wat onder die invloed is, sal dit glo nie!!

Sakkie ·

Daar word beweer dat n regse komplot bestaan teen Malema se lewe.
My vraag is dan wie is meer regs as die EFF? Die BLF dalk?

Irene ·

Eff so vals. Wie mag slaan en wie nie as a wit persoon klap word hulle orals uitgeskop

Johan Coetzer ·

Asseblief tog, julle gaan die saak volg om toe te sien dat hy vervolg word? Hoe ver het julle gekom met die vervolging van die CIC homself, adat hy met sy “plastiek”geweer op die verhoog losgebrand het? Praat praat en nogmaals praat.

leke lag ek ·

Malema weet hy jaag aan dis hoekom hy so bang is en dink almal is teen hom

bekkie ·

Waarom kry die EFF soveel mediadekking?
Dis asof EFF hul eie verslaggewer het wat die land elke dag op hoogte hou van Mnr Malema se doen en late. Hy kry spesiale aandag!!!!!!!!!! Hy verteenwoordig nie die regerende party nie.

Ja tog... ·

Die EFF gebruik al die klein insidente as bemarkings tegnieke net om meer gratis blootstelling ( met rasse haat as dryf krag) in die media te ontvang, al die blootstelling word wel gesien deur hulle aanhangers op alle sosiale media platforms, en hulle bemarkings tegniek om stemme te werf vir 2019 verkiesings is deur pure haat teenoor die blanke volk, Suid Afrikaners sien die insident waar geweld voorkom en die knaap moet aangekla word ens. maar die EFF se getroue ondersteuners sien die insident as hoop vir hulle en dat hulle die blanke man kan terug kry vir apartheid se dae, en ongelukkig werf daai party hul stemme op rasse haat en rassisme, en die hartseer is, dit werk vir hulle. Dis n kwessie van tyd dan sal die EFF amptelik die nr 1 opossisie party wees in Suid Afrika. So m.a.w die “modus operandi” in die geval werk vir die EFF, hulle wil slegte publisiteit he, want enige vorm van publisiteit is ekstra stemme wat hul gewerf kry van hul volgelinge en hul volgelinge se vriende en familie. Julias is n meesterbrein as dit kom by opsweeping… hierdie gaan 1 van baie insidente wees binne die vogende 3 maande wat die EFF gaan doen om daai media gons te kry vir hul party.

Gert J ·

EFF se hande het te lig geword. Indien die aanrander nie n MP was nie, was hy al gearresteer. EFF hou van rasse spanning.

Michael ·

Malema is benoud hy weet wat gebeur met mal mense. party mense vat nie lank om dit uit te vind nie , Maar hy kom dit nou eers agter. Hy besef nou. eintlik loop hy op baie dun ys. So sal sy makkers ook sien.

m.d.r. ·

Maroela….tog so jammer dat julle nog steeds weier –of te onkundig is—om die ooreenkoms met Nazi Duitsland en SA te sien…
Ag nouja…..!!

Binx ·

En volgende hoor ons seker ruimtewesens is ook agter hom aan. ?

Johan H. ·

Van wanneer af val jy n polisieman aan en niks gebeur nie. A nee a, hier is iets nie reg nie,of die polisie is wat die bree publiek se. Of hier is n anc cover up.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.