Vals Oscar-blad probeer geld invorder

Oscar Pistorius op dag 10 van sy moordverhoor, 14 Maart 2014 Foto:  Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op dag 10 van sy moordverhoor, 14 Maart 2014 Foto: Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

ʼn Vals Facebook-blad genaamd “Oscar Pistorius Official” poog om geld van mense in te vorder, het die moordbeskuldigde atleet se woordvoerder Dinsdag gesê.

“Die bedrieglike blad is nou ook besig met bedrog,” het Annelise Burgess in ʼn verklaring gesê. “Die Facebook-blad poog om geld in te win van niksvermoedende volgelinge. Die aanhangers van die bladsy besef nie dat die bladsy nie deur TeamOscar bedryf word nie.”

Burgess sê die bladsy het ook ander valse aantygings gemaak. “Die Facebook-blad beweer dat die Twitter-gebruiker, @OscarHardTruth, deur ʼn kuberkraker aangeval is en verwys persone nou na ʼn alternatiewe Twitter-rekening,” het sy bygevoeg. “Daar word nou valslik namens TeamOscar van dié Twitter-rekening af twiets uitgestuur.”

Sy sê sy probeer al weke lank tevergeefs om die Facebook-blad te laat sluit.

Pistorius word van moord met voorbedagte rade beskuldig nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Sy saak word tans in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofsaak gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.