‘Vals polisiemotor’ in lughawe-rooftog gebruik

Argieffoto

Argieffoto

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het Donderdag tydens ʼn perskonferensie meer lig gewerp op bewerings dat ʼn polisievoertuig by Dinsdagaand se rooftog by die OR Tambo Internasionale Lughawe betrokke was.

Phalane het die media in Pretoria toegespreek en gesê die polisie beskou die gewapende roof en die gepaardgaande veiligheidsoortredings by die lughawe in ʼn ernstige lig.
“Ons verseker ons gemeenskap en gaste in ons land dat ons alles moontlik doen om die saak te ondersoek. Ons is reeds besig om na aanleiding van die rooftog die swak punte in die sekuriteit van die lughawe te identifiseer en iets daaraan te doen,” het Phahlane gesê.

Hy het gesê gerugte dat ʼn polisievoertuig gebruik is tydens die rooftog, is onwaar. “Die verlate voertuig wat ons in Mamelodi opgespoor het, is inderdaad een met vervalste polisiemerke,” het hy verduidelik.

Phahlane het ook aangedui hulle sal nie verbaas wees om te sien die skuldiges, wanneer hulle vasgetrek word, is vals beamptes nie.

“Ons sal egter doodseker maak en sou dit aan die lig kom dat van die skuldiges wel polisiebeamptes is, sal ons seker maak hulle ry aan die pen,” het Phahlane verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig ʼn taakspan is saamgestel om die rooftog, wat Dinsdagaand by OR Tambo Internasionale Lughawe plaasgevind het, te ondersoek.

ʼn Groep gewapende mans, waarvan sommige in polisie-uniforms geklee was, het met ʼn gemerkte SAPD Toyota-bakkie en ʼn wit Mercedes Benz gery. Hulle het veiligheidspersoneel met vuurwapens gedreig en na die aanloopbaan beweeg, waar hulle ʼn houer oopgebreek het wat die buitelandse valuta bevat het, het die Valke gesê.

Maroela Media het vroeër berig die rooftog het omstreeks 19:45 plaasgevind. Dit het net ʼn paar minute geduur en geen skote is afgevuur nie.

“Die verdagtes het met 27 pakkies vol buitelandse valuta in ʼn onbekende rigting gevlug.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eben Kitching ·

Ek ruik ‘n rot. Die storie is te goed beplan om net toevallug te wees. Iemand wat betrokke met die vervoer van die geld moet vebind wees met die rowers. Ek hoop al die betrokke persone se selfoon rekords word in diepte ontleed.

Johann ·

Whahahahshaaaaa….INSIDE JOB! Hoe de hoennir weet hulle wanneer om terloops waar te wees vir n paar pakkies geld? En sekuriteit by die lughawe is n GRAP. Daars permanente hoeligins wat ongekontroleerde toegang het; orals! REG ONDER DIE POLISIE SE OË! Trust nie n polisie “mens” of kar nie!

Annie ·

Indien polisie sal hulle seker weer volle salarisse trek terwyl dit jare neem om saak af te handel. Dit is mos hoe dinge hier gedoen word?????

LMF ·

Ek stem en bewys net weer die oplettendheid van security daar is n paar wat kan deel aan daai geld Ek ruik n vrot rot

Christa ·

Dit verbaas my glad nie. Hier op die Oos Rand het ten minste 10% motors geen nommerplate nie, 25% se nommerplate is verbleik of word deur tuisgemaakte buffers en “tow bars” bedek en meer as 80% motorfietse het GEEN nommerplate nie of die nommerplate is onder dit sitplekke ingevou!!! En die Ekurhuleni Metropolisie doen net mooi NIKS daaromtrent nie!!!

Barend ·

Lyk vir my of hulle ook vanaf die laaiblad hulp gekry het – hulle het presies geweet waar op die laaiblad en watter houer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.