‘Valse advokaat’ in hof oor bedrog

Makhetha Mathumba. Foto: Die Valke

Makhetha Mathumba. Foto: Die Valke

ʼn Man wat homself as ʼn advokaat voorgedoen en niksvermoedende kliënte uit meer as R1,5 miljoen bedrieg het, het Maandag in die Johannesburgse handelsmisdaadhof verskyn.

Maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Makhetha Mathumba (33) het na bewering voornemende kliënte na sy Facebook-profiel gelok, waar hy homself as ʼn gekwalifiseerde advokaat voorgedoen het. Mathumba het beweer hy het ʼn LLM-graad in grondwetlike en strafregtelike litigasie aan die Universiteit van die Witwatersrand, ʼn LLB-graad aan die Universiteit van Kaapstad en ʼn B.Prok-graad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf.

Op sy Facebook-profiel verskyn talle foto’s van hom in ‘n hoftoga en hy het ook op die profiel aangedui dat hy in 2010 in Johannesburg begin praktiseer het.

Nadat Mathumba onlangs nie in die hof opgedaag het waar hy veronderstel was om een van sy kliënte te verteenwoordig nie, het die kliënt ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak. ʼn Ondersoek het getoon Mathumba is nie ʼn gekwalifiseerde advokaat nie en het net matriek. Hy is Saterdag in hegtenis geneem.

Mathumba, wat aangekla word van bedrog, oortreding van die advokaatwet en dat hy homself as ʼn regsverteenwoordiger voorgedoen het, sal op 30 Mei weer in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann ·

Miskien kan Zuma hom aanstel en dsn as hy vasval….met rede se hy is verkeerdelik adviseur?

m ·

Lyk regtig nie soos iemand wat n advokaat kan wees nie. Nee rerig hoor wat n grap…..

m ·

Ons het almal ons drome en sy is om advokaat te wees, hehehehehehehe

Poplap ·

Enige mens wat die ou se advokaatstorie glo, moet maar die pyne vat.

charlene ·

Ek is baie jammer vir die ou wat daar in die hof gestaan het, maar dit moet nogal snaaks gewees het, hier staan jy en wag om jou adv. wat nou die mense hulle leviete gaan voorlees, en wel daar staan jy. Hopenlik is jy onskuldig my ou want na die af trap metn mr adv kry ek jou so kleeeein bietjies jammer.

Jef ·

Gaan hy die R1.5 miljoen terug betaal aan al die kliente wat hy bedrieg het?
Ek dink hy gaan die geld spandeer om homself uit die tronk te hou.

Frederik ·

Ons kry feitlik daagliks te doen met sg ambagsmanne wat werk soek. Het al een gekry met vier ambagte op sy CV. Dis ongelooflik hoe hul lieg en bedrieg om werk te kry en passop, as hy eers aangestel is, kry jy hom nie maklik en goedkoop uit nie.

Asmain ·

Wonder hoe suksesvol was hy as “advokaat” – hoveel van sy kliente sit in die tronk agv sy onkunde?

Stormrider ·

Ek sal Makhetha se advokaat wees…. laat hy gou vir my die geld oorplaas…..kry jou in die hof my tjom….

Belinda ·

En hoeveel het dit gevat om te besef die man is nie een nie en dit na R1,5 miljoen eers gesteel is………..sjoe het niemand anders hulle geld gesoek of gewonder hoekom gaan hulle nie hof toe vir iets nie………………..sy kliente was ook nie van die wakkerste nie :-)

GES ·

The Great Pretender. En daar vang slim sy baas toe. Hoe pateties.

John ·

Ons het al vals dokters, onderwysers, advokate, dominees, vals professors en vals klaviere en sangeresse gehad… en ‘n klompie vals R200-note (onthou die’ penarie?). Nie sleg vir die suidpunt van Afrika vol van egte verontregte ‘natuurkinders’ nie. Dalk sal die drukkersduiwel in die moeilike tye wat kom, weer agter iemand se oor kom fluister…

Wat-ek-lees ·

Weereens ‘n bewys van hoe maklik dit is om met ‘n ‘gladde bek’ jou ding te doen. Tog gebeur dit dat sommiges nog steeds openlik daarmee wegkom.

Joann ·

Scalla jy is in die kol. Mense daar is meer van hulle in die land,daarom die chaos. Hoe de duiwel kan mens n land regeer met st.3 gr.5????? Hy kan nie behoorlik lees nie maar hul amp van steel word goed gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.