Valse e-pos-adres om koper te bedrieg

(Argieffoto)

ʼn 43-jarige man het Dinsdag in die Palm Ridge-handelshof in Johannesburg verskyn nadat hy en sy vriendin glo ʼn staalpypkoper uit R6 miljoen bedrieg het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê Edozie Okobi (43) en sy vriendin, Angel Tau (28), het glo in Februarie 2017 ʼn valse e-pos-adres geskep om geld van ʼn voornemende staalpypkoper te was.

“Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat Okobi en Tau na bewering die staalpypkoper na hul bedrieglike e-pos-adres gelei het, waar hulle nuwe bankbesonderhede verskaf het. Die koper het ʼn bedrag van R6 miljoen na dié rekening oorgedra,” sê Mulamu.

“Die ondersoekspan kon ʼn bedrag van R4 miljoen verhaal voordat dit deur die beskuldigdes bestee kon word.”

Tau is in Mei 2017 vasgetrek is skuldig bevind op aanklag van bedrog en diefstal. Sy is reeds tot agt jaar direkte tronkstraf gevonnis.

ʼn Lasbrief vir Okobi se inhegtenisneming is uitgereik en grensposte is dienooreenkomstig in kennis gestel.

Okobi is in Douglasdale in Johannesburg opgespoor en in hegtenis geneem. Hy is Maandag in die hof van bedrog en diefstal aangekla. Hy sal na verwagting Vrydag weer in die hof verskyn wanneer hy dan formeel om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blikke ·

Nou hoe betaal jy so groot som geld en bevestig nie die feite nie?

Persheks Adri ·

Net 8 jaar tronkstraf? Pateties veral as mens kyk na die bedrag werklik waar dis mos nie regverdig nie oe ee ee

Willem ·

Hulle het die grenspost in kennis gestel…..
Wat ‘n klomp narre, dink hulle hy sou deur die grenspos land uit (as hy wou). Stap mos sommer enige plek oor die grens. Wat se grens?

Nie Verbaas ·

En as Okobi borgtog kry is hy weg maar ANC kaders kan nie so ver dink nie.

Jack ·

Ons is n baie lekker land vir buitelanders veral naby ons om moord en bedrog te pleeg. Glip net gou oor die grens en dis dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.