Valse inligting op pamflette saai paniek

Die pamflet wat glo versprei word (Foto verskaf deur die SAPD)

Die pamflet wat glo versprei word (Foto verskaf deur die SAPD)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê hy distansieer homself van pamflette wat valse boodskappe oor kinderhandel versprei.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, het gesê die inligting word ook op sosiale media versprei. Volgens die boodskap word ouers gewaarsku oor persone wat geld vir dwelmverslaafdes aanbied om skoolkinders te help ontvoer.

“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie valse inligting te versprei nie en versoek die ouers om nie paniekerig te raak nie,” het hy gesê. “Ons versoek persone om nie valse inligting te versprei wat paniek kan saai nie en boonop die SAPD aanhaal as die bron nie.”

Zwane het gesê hulle versoek ouers om na hul kinders om te sien en te alle tye seker te wees waar hulle hulself bevind.

“Persone wat aan dwelms verslaaf is, kan na rehabilitasiesentrums verwys word,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

God Slaap Nie!! ·

Ja, en so gee die een wie hierdie pamflet versprei het die kriminele nog meer bose idees. Jy wat sulke dinge doen, sal defnitief ook oes wat jy saai.

Sarel Strydom ·

Ja ons moet ons kinders oppas en ek merk hoe maatreels by skole verskerp word. Maar om ‘n gemeenskap, wat reeds gedurig op die uitkyk is so te mislei en misbruik is self ‘n misdaad.

christine ·

Die plamfet is kamma vals? Hys reeds daar en gedruk. Pas julle eie en ander se mense se kinders om julle mooi op. In die land is alles wat laag en gemeen moontlik met sulke doppe aan die stuur.

Andrea ·

Ek wonder altyd of die spreekwoord “waar n rokie trek is n vuurtjie” nie waar is in sulke gevalle nie…
Wat my opgeval het toe ek op n stadium na n webblad oor plaasmoorde gekyk het, is dat n paar ontvoerings van en moorde op slagoffers as muti-moorde aangeteken is.

Oom Kalahari ·

Ek stem met Andrea se skrywe hierbo met as daar ‘n rokie is, is daar beslis ‘n vuurtjie. ek is baie lief vir my kleinkinders en maak seker elke dag hul is veilig. Die Polisie se aand en môre praatjies glo ek nie meer nie en om liewer self dinge te evalueer en self daarna omsien laat my beter en gerus voel.

charlene ·

Dis dalk nie waar nie maar ouers pas julle kinders asb mooi op. As hulle vir dwelm verslaafdes geld aanbied vir jou kinders sal 90% van hulle dit probeer. Dit help nie die polisie sê hulle moet na rehab toe gaan nie, hulle is tans nie daar nie so hullw wil nie daar wees nie
My dogertjie gaan nêrens waar ek haar nie 100% kan dophou (en dis net in ons yard) maar sy speel meer agter waar niks en niemand haar kan sien. In winkels is ek of haar pa heeltyd by haar. Dit gebeur so gou, die een oomblik is jou kind nog by jou en die volgende oomblik is hulle weg. Dis tragies en scary om te dink maar dis waar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.