Valskerm-ongeluk: ‘Die pyn is ondraaglik’

Burger in die hospitaal. Foto: Verskaf

Burger in die hospitaal. Foto: Verskaf

Die familie van die Bloemfonteinse vrou wat Saterdag haar been tydens ʼn valskermsprong gebreek het, het Dinsdag gesê sy is sedertdien in onbeskryflike pyn terwyl sy steeds wag om geopereer te word.

Riana Burger (42) se femurkop is gebreek en sy het haar enkel en arm verstuit tydens ʼn slegte landing. Johan de Bruyn, Burger se pa, het aan Maroela Media gesê hy het die oomblik op video vasgevang toe sy dogter tydens die landing die grond hard getref het voordat die instrukteur bo-op haar te lande gekom het.

Burger is in die Pelonomi-staatshospitaal opgeneem. “Sy lê nou al van Saterdag 12:00 [in die hospitaal] en is nog steeds nie geopereer nie,” het De Bruyn gesê. “Die dokter was [vroeg Dinsdagmiddag] hier en het toe gesê sy sal waarskynlik Woensdagaand geopereer word, maar hulle weet nog nie hoe laat nie. Intussen krul sy van die pyn elke keer as sy beweeg. Die pyn is ondraaglik,” het hy gesê.

De Bruyn beweer ook dat die familie self haar skraapwonde moes skoonmaak en ontsmet nadat sy in die hospitaal opgeneem is. “Niemand hier het net enigiets gedoen of gesê nie. Ons moes dit maar self doen. Dit is onaanvaarbaar.” Hy het ook gesê dat sy dogter glo vir ure moet soebat voordat die verpleegpersoneel vir haar pynmedikasie gee en dat die personeel wat snags aan diens is, haar versoeke net heeltemal ignoreer.

“Ons het dit met die bestuur van die hospitaal opgeneem en daarna het die dokter hier aangekom en gesê het sy sal Woensdagaand ingaan teater toe. Nou moet ons maar kyk of dit gebeur.”

Tebogo Oepeng, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, het aan Maroela Media bevestig dat die hospitaal bewus is van die familie se besware, maar het gesê dat daar sekere prosedures is wat gevolg moet word.

“Pelonomi-hospitaal is ʼn trauma-hospitaal wat naby aan talle hoofroetes geleë is. Baie pasiënte word elke dag hier opgeneem, elkeen met beserings waarvan die graad van erns verskil. Ons sit nie net hier en vou ons arms nie. Die mediese personeel werk 24 uur van die dag om pasiënte te behandel en te opereer,” het hy gesê.

“Sekere prosedures moet gevolg word wanneer pasiënte opgeneem is en opgeleide personeel maak seker dat alles vlot verloop. Pasiënte word volgens die prosedures behandel. Ons het begrip daarvoor dat die familie ontsteld raak wanneer een van hulle familielede beseer is, maar ons werk 24 uur van die dag om almal te behandel.”

Chris de Jager, die hoofinstrukteur van Bloemfontein Valskermklub, het intussen aan Maroela Media gesê dit was die eerste besering vanjaar by die klub. “Daar was ʼn gekwalifiseerde verpleegsuster en ander noodhulp-gekwalifiseerde persone op die toneel tydens die voorval en die nooddienste wat ontbied is, was binne minute op die toneel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Hester Loots ·

Ai waar gaan ons gesondheidsdiens heen? Mens kan net elke dag bid dat jy nie in n staatshospitaal beland nie. Die toestande is skokkend om die minste te sê.

Gideon ·

Dalk moet mens mooi dink voordat mens uit vliegtuie spring, sonder behoorlike mediese fonds!!

Pierre Celliers ·

Powere verskonings vir swak diens was nog nooit ‘n opsie nie!!!
Sies, dis ‘n skreiende skande, om die minste te se!!!

Staats pasient ·

Sterkte, het ook ondervinding van staats hospitale. Was ook al pasient in staats hospitaal gewees.

Andre ·

Ek wonder of hierdie woordvoerder dink hy praat met kindertuinkinders. Ons besef almal daar is prosedures wat gevolg moet word om sekere dinge in die lewe gedoen te kry. Om egter met hierdie tipe beserings vir ‘n paar dae in ‘n sogenaamde trauma-hospitaal te lê sonder ordentlike behandeling is in my boek nie ordentlike mediese prosedure nie. Miskien moet hy sy woorde vir iemand anders gaan voer.

Riana de Jager ·

Miskien moet Mariela Media verneem hoeveel dokters hier werk en hoeveel a.g.v. wanbestuur Pelonomi verlaat het in die laaste jaar asook hoekom ‘n vrou verlede maand in die einste hospitaal oorlede is nadat sy ook baie lank moes wag vir ‘n operasie op haar been nadat sy in ‘n motorfietsongeluk was

Francois ·

As jy WIT is in die land se staats hospitale, kan jy verseker wees jy gaan geen aandag kry nie. Hulle will jou eerder dood sien, as behandel.

Natasha Brittz ·

Ons ken die gevoel. Het my Pa vandag 6 Junie in die Provinsiale Hospitaal in Polokwane verloor a.g.v ongelooflike swak diens en geen mediese toerusting of teaters wat in werkende toestand is nie, en al wat hulle vir ons kan se is jammer oor die verlies. Ons weet hoe julle voel. Maar so vat hulle ons belasting geld.

Jo ·

Dis pateties. Kennise van ons het ‘n familielid verloor omdat die geweier het om terug te gaan na ‘n staatshospitaal. Die swart personeel daar het vir hom gese “vrek, witman”, en net eenvoudig geweier om hom behoorlik te versorg, al was hy in intensief gewees. Hier plaaslik sit die susters en verpleegsters glo in die teekamer en skinder terwyl hulle pasiente in hul eie vullis le sonder om versorg te word. As die familie nie inkom en die pasient kom was nie, word dit net nie gedoen nie. Moet nie vir my vertel die personeel is te “besig” nie. Besig ja, maar met wat? Tee drink en skinder of hulle werk doen…

Winston ·

Die regering kan nie n land bestuur nie, hoe verwag n mens hulle moet n hospitaal proffesioneel bestuur? Hulle het eenvoudig nie die vermoë nie. Jou vermoëns is wat saak maak en nie jou kwalifikasies nie. Sterkte vir jou Riana.

loes ·

dis hoe dit gaan in staats hospitale. almal is nie gelukkig genoeg om n mediese fonds te kan bekostig nie
sterkte

Ryno ·

Daar is baie mense wat 6 weke wag om geopereer te word, ook met gebreekte bene. Net jammer nie almal kla so soos die wit pasiente. As jy geld het om valskerm te spring, kry n mediese fonds. Of betaal kontant en gaan bloem medi toe. As ek die dr was so ek haar daar laat le het op traksise vir 8 weke sonder om te opereer. Wat maak haar nou “beter”as die ander patiente. Almal wag vir hul beurt…sy kan ook.

Johan 2 ·

Om so lank te wag bly onaanvaarbaar en ons moet kla daaroor, veral teen die lig wat ons spandeer aan medies uit belasting geld. Jammer Ryno jy sit die pot mis, as mens nie kla nie gaan dit goed, en glo my dit gaan nie gied nie.

Therese van Schalkwyk ·

Ek moet sê, Ryno se ongenaakbare houding skok my.

Hierdie pasiënt verkeer in konstante pyn en die feit dat baie ander hul in dieselfde bootjie bevind, verskoon nie die onaanvaarbare gebrek aan goeie sorg nie. Daar is begrip vir die operasie wat dalk nie onmiddellik uitgevoer kan word nie, maar waarom moet sy “soebat vir pynmedikasie”?

Hierdie is maar net een van die talle gru-stories wat té gereeld in staatshospitale afspeel en as almal soos Ryno redeneer, sal dinge nooit verbeter nie. Goeie mediese sorg behoort nie slegs vir mense met mediese fondse beskore te wees nie, maar ook vir ‘n “wit pasiënt wat geld het vir valskermspring”. Ryno se redenasie is uiters teleurstellend en klink amper net so haatdraend as sommige politici met rooi oorpakke.

Ryno ·

Johan ek dink nie jy weet hoe besig is die hospitaal nie. Weet jy dat die dr’s 24 uur n dag opereer Maandag tot Sondag? En n gemiddeld van 10 pasiente elke dag net in Orthopedie doen. Dit is maar een van die vele spesialiteite. Om te kla gaan nie help nie, wat dink jy gaan gebeur as jy kla? Dink jy hulle gaan meer mense aanstel of die hospitaal groter maak? Dink jy die staat het genoeg geld om dit te doen…Ek betaal ook belasing en ek het my eie medies. En my belasting geld gaan ook om vir die vrou verniet behandeling te gee. Hoor jy dat ek kla? Weet jy dat daar 52 miljoen mense in SA is waarvan slegs 4 miljoen medies het? Natuurlik gaan die hospitale besig wees. Slegs 4.6 miljoen mense het laas jaar inkomste belasting betaal…..dink jy regtig dit is genoeg om die hele land se medies, paaie, geboue, SAP, weermag, Korektiewe dienste ens..ens te dra? Dink jy jy kan net jou vinngers klap en almal moet spring omdat jy belasting betaal het? Word wakker

Pieter V ·

Ryno dit gaan nie daarom dat jy moet sorg om n mediese fonds te he nie, ons betaal belasting om al hierdie staats hospitale te finansieer en ons verwag om eerste klas diens te ontvang,maar vandat die anc aan bewnd gekom het en kundig en toe gewydheid oor boord gegooi,nou word mense wat onbekwaam en geen ambisie het in die poste aangestel net omdat hy n anc kader is,en as hy eers in die pos is moet jy weet hy is verhewe bo alles wat beweeg en jy moet bakhand voor hom staan om bedien te word maak nie saak watter staats, of regerings instansie dit is nie

hb ·

Stem ten volle saam met jou Ryno. As jy kan bekostig om deel te neem aan n hoe risiko en duur sport moet jy tog voorsorg soos n mediese fonds in plek he…

Lulu ·

SIES vir jou Ryno. Almal in die lewe is nie so bevoorreg om ‘n medies te kan bekostig nie. Dank die hemele jy is nie ‘n dokter nie want dan sou jy my ook nie behandel het nie. Ek is terminaal siek met kanker – so jy gaan reken ek kan maar wag?

Jan ·

Wat ookal die redes, dis maar rof om so in pyn te lê en wag. En dis die armer mense wat dikwels die spit afbyt. Maar ek dink tog dis wys om te sorg jou mediese fonds / hospitaal plan liefs in plek is voor jy hoë-risiko aktiwiteite aanpak, jy het dan nou ekstra geld of hoe?

Berhalet Beukes ·

Uit persoonlike ondervinding kan ek sê dat dit vir staatshospitale se personeel ‘n trots is om ons wit mense sleg te behandel en so min as moontlik te assisteer. Hulle is moedswillig, onhigiënies, onbevoeg en aspris as sy kla oor diens. Ek het gesien hoe sogenaamde interniste ‘n baie siek man wil ontslaan en het amper die hospitaal afgebreek omdat ek kon sien hy is baie siek. Die eind resultaat is dat hy oorlede is. Die dokters het “gemis” at sy hart ‘n lekkasie gehad het! Dis WALGLIK en SKOKKEND

Wouter ·

In dieselfde Pelenomi is n ma van 2 klein kinders dood nadat sy 30 dae daar gelê het somder om n gebreekte been te opereer so 3 weke terug. Sy was ook wit. Hul verskoning was 1, Die teater was nie gereed nie 2, Daar was nie n dokter nie. 3, Daar was nie n narkotiseer nie. 4 Die sister aan diens het nie opgedaag nie. Dit was die verskonings oor 4 weke. Intussen het sy infeksie gekry en is oorlede. Haar man moet nou alleen die kinders grootmaak. En lyk my dit is maar aanvaarbaar. En Ryno jy het nie n idee wat om jou aangaan nie. Word wakker seun.

Ruby ·

Niemand behoort so lank te wag vir ‘n operasie, die staat het sy mense gefaal.

Met bogenoemde in ag geneem, dit is wat dit is, sal ek eerder sorg dat my medies betaal word en die plesiertjies maar vir eers opsy skuif.

Johanna ·

Ek stem saam dat die behandeling in staatshospitale power is, het self ondervinding met ‘n familielid wat verlede jaar daar deur is. Wat niemand egter ophaal nie, is die feit dat enige regdenkende mens uit ‘n vliegtuig, waarvan al die enjins in werkende toestand is, sal spring. Daar is mos ‘n gesegde dat elke sport sy beserings het. Valskermspring bly ‘n groot, groot risiko. Mense wat dit doen tart op ‘n manier die dood.

Beatrix Stevens ·

Waar gaan alles heen??? daar is baie mense wat nie medies kan bekostig…. omdat n lae selaris n mens nie toelaat om so baie geld ”’Vir Medies uit te haal?? Is ons nie veronderstel om selfde behandeling te onvang as ander??? Die behandeling wat n mens kry in n Staats Hospitaal is Belaglik??? dit is of jy hul iets skuld? hul is nie bereid om net n bietjie omgee te wys? n mens is te bang om iets te doen of vra?? want jy weet watse diens jy sal kry? Sterkte aan jou Riana mag jou pyn gou verlig word.. mag als vir jou uitwerk”’ en die operasie spoedig gebeur…. en jy gou weer

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ryno ek stem saam ons weet mos teen die tyd wat in staats hospitale aangaan Sy kan valskerm spring wat geld kos sorg maar dat jou medies reg is voor jy iut a vliegtuig spring

Eish! ·

Mense besef jul wat kos medies? Ek is op ‘n medies agv kroniese siektes. My medies is R2500 ‘n maand. My salaris is R7000. Kyk waarmee moet ek op die end vir huis, kos, krag, vervoer kinders sorg. As iemand nog minder verdien hoe?????????? Kyk hoe kostes opgaan. En hoekom mag arm mense nie ook die lewe geniet nie. Ek wil ook valskerm spring en ek gaan nog al is ek 50. Ek het ook die reg om te lewe. Ek wag net vir die regte geleentheid. Hoe weet jul hoe dit gebeur het dat sy wel dit gedoen het. Dalk iemand wat dit aangebied het, dalk ‘n geskenk ens. Ek wens hierdie heilige ryk mense wil bietjie ‘n val kry en besef dat arm mense ook mag lewe en dalk lewe meer verdien as hulle.

Charlene ·

Dis belaglik!!Die famielie moet maar die vrou se wonde skoon maak. Waar’s die opgeleide personeel?Daar is nie,hulle koop ook hulle papiere en so moet die mense wag vir diens!!

minke ·

Ons is deur dieselfde met my broer by Kalafong dis nou ‘n horror hospitaal sy been is geamputeur as gevolg van diabetes. Dit was net eers die voet want hy het in ‘n geroeste spyker getrap. Hulle het ook nie wondsorg gedoen nie en hy is binne ‘n maand dood aan septisemia.
Die saal was vuiler as ‘n tronksel en die verpleers het almal dik gatte en sleep voete kyk jou aan of jy mal is as jy iets vra

Irene ·

Minke,

Ek weet presies waarvan jy praat by Kalafong Hosp. My pa het 2 weke terug daar beland asgv beroerte. My hart het gebreek as ek sit en kyk waardeur die pasiente gaan in Kalafong Hosp. Higiene en verpleging in daai hospitaal is ‘n “rumor”

Benitta ·

Mariné

Kan ons ‘n update kry oor die vrou wat in die hospitaal is. Blykbaar is sy nog steeds nie opereer nie en het nou bloedklonte. Wat gaan aan? Daai pyn en lyding moet ondraaglik wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.