Valskermspringer sterf in Rustenburg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Valskermspringer is Sondagoggend in Rustenburg in Noordwes dood.

Volgens Mark Bellingan, nasionale veiligheids- en opleidingsbeampte van die Suid-Afrikaanse Valskermvereniging (Pasa), het Hennie Pretorius (46) op ʼn hoogte van 11,000 voet (3,3 km) uit die vliegtuig gespring en het sy valskerm normaal ontplooi.

“Dit het geblyk dat hy nie reageer nie en die valskerm het in ‘n reguit lyn gevlieg met geen oënskynlike insette van die valskermspringer nie,” het Bellingan gesê. Pretorius se valskerm het teen ʼn gebou by die Rustenburg-valskermklub vasgevlieg.

Paramedici het Pretorius op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Pretorius het onlangs ʼn versneldevryval-program voltooi en het al ‘n totaal van 11 valskermspronge gedoen.

Bellingan het gesê die voorval word ondersoek en dat die valskermtoerusting na ʼn tegnikus gestuur is om geïnspekteer te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rinus De Jong ·

Ons as ouers van drie dogters kan ons indink wat deur die gedagtes van die ouers moes gegaan het. Ons dank aan almal wat gehelp soek het na haar, en bowe al dank ons die Hemelse Vader dat sy veilig gevind is.

Hester Hattingh ·

Dankie Liewe Vader, ons het saam met hierdie Ouers gebid! So dankbaar hierdie Meisie is veilig!

Dewald ·

Dis baie jammer, sterkte vir sy familie.
Maroela media, plaas asb die regte argief foto bo aan die berig; hierdie een is nie ń vaalskerm nie, maar ń paraglider.

Bosvark ·

Dit is baie tragies. Wil julle net regstel, die foto is nie van n valskerm nie maar van n paraglider.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.