Valskermsweef: Man gered ná landing skeefloop

(Foto: ER24)

’n 35-jarige man is Saterdag na ’n hospitaal in Nelspruit geneem nadat sy landing skeefgeloop het toe hy in Mpumalanga besig was met valskermsweef.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die nooddienste is laat Saterdagmiddag saam met Lowveld Off Road Rescue ontbied nadat die man 20 meter teen ʼn rotsagtige heuwel by die Bambi-valskermsweefklub afgerol het.

Die nood- en reddingsdienste kon omstreeks 17:15 by hul aankoms op die toneel by die man uitkom en vasstel dat hy matige beserings in die voorval opgedoen het.

Die man is ná ’n reddingspoging van twee uur lank met ’n tou na bo gehys waarna hy na die Mediclinic Nelspruit geneem is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.