Valskermswewer dood op Leeukop

Leeukop in Kaapstad. Foto: Maroela Media

’n Man is Woensdag in ’n valskermsweeftuigongeluk op Leeukop in Kaapstad dood.

Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is 12:38 van die voorval ingelig waarna die departement van gesondheid se AMS-helikopter ontbied is en ’n grondspan ontplooi is om ’n tydelike landingsone by die kramat (die graf van ʼn heilige by die Moslem-begraafplaas) gereed te kry.

Volgens Johann Marais, WSAR-woordvoerder, is ’n reddingswerker en paramedikus naby die toneel afgelaai en is daar op die 57-jarige man afgekom wat noodlottige beserings opgedoen het.

“Nog reddingswerkers is met die helikopter na die ongelukstoneel geneem waarna die liggaam van die berg verwyder is.”

Die polisie ondersoek die voorval. Die WSAR het sy medelye met die oorledene se familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.