Valskermswewer sterf op berg

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Hharencarova / Pixabay) 

’n Valskermswewer is die naweek op ’n berg in die omgewing van Wolseley in die Wes-Kaap dood gevind nadat hy in ’n groep gaan valskermsweef en toe vermis geraak het.

Die man se liggaam kon weens sterk wind egter eers Sondag vanaf die berg gebring word.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê reddingswerkers en paramedici is Saterdagaand per helikopter na die berg uitgestuur nadat die man se vriende opgemerk het dat hy vermis word en sy ligging met ’n GPS-toestel kon bepaal.

Die reddingswerkers en paramedici is omstreeks 19:00 met hul aankoms aan die kant van die berg tot by die lewelose man laat sak om hom te hulp te snel. Die man het egter geen teken van lewe getoon nie en is kort daarna dood verklaar.

Die presiese besonderhede rakende sy dood is nie bekend nie. Plaaslike owerhede is na die berg ontplooi om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.