Van Breda-bylmoorde: Regter besorg oor ‘waansin van die aanval’

Henri van Breda in die hof (12 Februarie 2018). Foto: ANA.

Die aard van die aanvalle op die Van Breda-gesin was “waansinnig” en “persoonlik” met die doel om te moor. Dis wat regter Siraj Desai bekommer terwyl hy die weergawe van die staat en die beskuldigde opweeg teen die einde van Henri van Breda se hofsaak.

Piet Botha, vir Van Breda, het sy slotbetoë in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer in die saak van die 23-jarige Henri van Breda, wat daarvan beskuldig word dat hy sy pa Martin, ma Teresa en ouer broer Rudi met ʼn byl vermoor het. Sy sussie Marli, wat in daardie stadium 16 jaar oud was, het ernstige beserings opgedoen, maar die aanval oorleef. Sy ly aan geheueverlies en kon nie tydens die hofsaak getuig nie.

Van Breda voer aan die aanvaller, wat ʼn klapmus en handskoene aangehad het, het gelag en was ook met ʼn mes gewapen.

Botha hou vol hierdie weergawe is redelik moontlik waar en verwerp die staat se saak. Hy het gesê die staat se saak is van “swak gehalte” en die saak is nie bo redelike twyfel bewys nie. Hy het ook daarop gewys dat misdaad daagliks in Suid-Afrika voorkom en voer aan dat “die blote feit dat daar sinnelose, vreeslike geweld plaasgevind het, dit nie beteken dat iemand naby aan hulle die aanval uitgevoer het nie”.

Hy het ook verwys na ʼn “waansinnige aanval” op twee stappers op die berg bo Kalkbaai waar ʼn man met ʼn mes doodgesteek is. “Misdaad in ons land loop gereeld hand-aan-hand met sinnelose geweld.”

Hy het gesê dit was ʼn hegte gesin en daar was geen geskiednis van probleme in die gesin nie. “Andre van Breda [Martin se broer] het getuig dat die gesin ʼn normale, liefdevolle gesin was, al drie kinders was goedgemanierd, hy was nie bewus van enige onderliggende konflik tussen hulle nie.”

Sy kliënt se weergawe dat hy net ná 04:00 badkamer toe is om homself te verlig, ʼn geluid gehoor en toe gaan ondersoek instel het, is “baie meer waarskynlik” as die staat se weergawe.

Volgens hom het die staat nie bo redelike twyfel bewys dat sy kliënt opgespring, ʼn byl gaan haal en toe sy gesin uitgewis het nie.

Botha het ook dr. Marianne Tiemensma daarvan beskuldig dat sy nie ʼn geloofwaardige getuie was nie. Sy het tydens die hofsaak getuig dat Van Breda sy wonde self toegedien het, aangesien dit nie lewensgevaarlik was nie, parallel, dieselfde diepte en eenvormig in vorm was en ook nie naby sensitiewe dele op sy borskas was nie. “Dr. Tiemensma was nie ʼn objektiewe getuie nie. Dit sou beter gewees het as sy foto’s gegee is en haar opinie daaroor uitgespreek het. Sy is gevra of die wonde self toegedien is.”

Regter Desai het gesê “in aanrandings van hierdie omvang verwag mens beserings op die oortreder”.

“Ons het bloedspore wat nie uitgeken is nie en 61 DNS-monsters wat nie uitgeken is nie,” het Botha geantwoord. Geen vreemde DNS is op die toneel gevind nie.

“Die staat se weergawe is nie ʼn verrassing nie,” het regter Desai gesê.
“Dis ook nie die evangelie nie,” het Botha geantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Mnr Botha. Duidelik is jou betaalbare fooi by verre meer werd as jou integriteit en eie naam? Om SO op te kom vir n “persoon” wat emosie loos, sonder enige teken van hartseer, skielike epilepsie aanval leier…? En die evangelie Mnr Botha is JUIS die waarheid, maar nou ja, jou keuse van assosiasie.

Luister ·

Voorwaar ‘n moeilike saak om te oordeel.
Kan maar net hoop dat geregtigheid geskied.

What.. ·

Maar hier die mannetjie is omtrent arrogant met die regter.

Linda Gouws ·

Wie dit ook al was kan miskien nou daarmee wegkom maar daar kom ‘n dag wat alles openbaar sal word. Mag geregtigheid geskied!

Anoniem ·

Volg die storie van di hof van die begin af, hy is baie gemaklik en skielike siekte nee dink kry nog staats aanklaer daar word feite oorgesien….

Fanie (SP) Naude ·

Daar was kort na die moorde berig dat hy nie saam met sy ouers uit Australië teruggekeer het nie maar kort voor die moorde weens iets ivm dwelms. In Krugersdorp is ‘n skoolseun by die skool doodgekap. Dit was waarskynlik dwelmverwant. Vier strate van hier het ‘n tikgebruker sy ouma doodgekap. Die tik , geld en kap is interessant.

Sune van Heerden ·

Dagsê Louw

Ons vra om verskoning vir die fout.
Dankie, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

rollie ·

Moet se Botha het ‘n goeie joppie gedoen om die staat se saak te diskrediteer. Daar was min bloed op Henri self en sy klere. Dit strook nie met die geweld en bloedige aard van die aanvalle nie. Sy DNA is ook nie naby/op sy ma en suster gevind nie. Sy duimafdruk op die mes is in die rigting van die handvatsel wat strook met die storie dat hy ‘n mesaanval probeer afweer het, ens.

So hartseer ·

Dit is so hartseer van begin tot nou. Die Oom het getuig van liefde en geen geskille, maar n leek kan sien dat Rudi n droomkind was en Henri in sy skadu geleef het, of dit deur die Pa onbewustelik aangevuur is kan dalk debateer word. Elke kind moet maar vir sy/haar kwaliteite erken word. Nog meer sad dat heel waarskynlik die sagste 1 in n emosielose monster verander het.

John ·

Hoekom toets hulle nie sy bloed voor sy verskings in die hof nie? Van Breda lyk afwesig en nou is sy hare ook.

Wonder net ·

Was daar nie bloedmonster in die stort gekry nie? Bloed wat dalk afgewas is.

Se net ·

Dalk het hulle nie hard genoeg gesoek nie of dalk het hulle in die verkeerde rigting gesoek.

Jan ·

Wat van die wat in huis of tuin gewerk het hoekom praat hul nie in hof nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.