Van Breda-vonnis verwelkom

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Senior staatsaanklaer Susan Galloway het Donderdag breed geglimlag toe die veroordeelde moordenaar Henri van Breda (23) drie lewenslange vonnisse opgelê is vir die moorde op sy ouers en broer.

Megan Blows, wat Galloway bygestaan het, het ook geglimlag terwyl kollegas hulle gelukgewens het met hul uitstekende werk in dié opspraakwekkende saak.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het ná die vonnisoplegging gesê: “Dit was ʼn lang drie jaar, veral omdat daar met omstandigheidsgetuienis gewerk moes word. Daar moet krediet gegee word aan die twee spanne, die polisie van Stellenbosch en die twee advokate van die NVG,” het Ntabazalila gesê.

“[Van Breda] het verskeie kere volgehou hy is onskuldig en hy het nie daardie misdade gepleeg nie. Hy beweer dit was ʼn swart man, ʼn inbreker. Ongelukkig vir hom kon ons nie daardie swart man opspoor nie.”

Maroela Media het vroeër berig Van Breda het emosieloos in die beskuldigdebank gestaan terwyl regter Siraj Desai hom gevonnis het. Desai het Van Breda Donderdag drie lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir die moord op sy ouers, Martin en Theresa, en sy broer, Rudi. Hy is 15 jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord op sy suster, Marli, en 12 maande vir dwarsboming van die gereg. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Van Breda se regspan het reeds aangedui dat hulle teen die skuldigbevinding en vonnis sal appelleer.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ook Van Breda se vonnis verwelkom. Lt.genl. Khombinkosi Jula, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, het die ondersoekspanne en die span van die NVG gelukgewens met die saak.

Jula het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te beklemtoon hoe belangrik dit is om ʼn misdaadtoneel te bewaar om ʼn sterk saak voor die hof te bring. “Teen die einde van die verhoor het die hof aanvaar dat daar geen vingerafdrukke, onbekende DNS, gedwonge toegang tot die eiendom of ʼn oortreding van sekuriteit in die De Zalze-landgoed was nie,” het hy gesê.

Hy het die mense wat destyds in Januarie 2015 eerste op die misdaadtoneel was geloof dat hulle verseker het die misdaadtoneel word nie onnodig versteur nie. “Die SAPD hoop dat dié vonnis ook die moraal van polisiebeamptes wat elke dag daar buite gemeenskappe moet beveilig, ʼn hupstoot sal gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannelie ·

Senior Staatsaanklaer, Susan Galloway en Megan Blows, julle verdien elk ‘n medalje. Jul het op jul punte gestaan. En geregtigheid het geskied!

Moeksie ·

Well done aan die advokate – knap gedaan!!! Julle verdien ‘n Bells….. of 2

sandra ·

Onbevoeg om ‘n vuurwapen te gebruik! Ek dink nie hy sal dit mis nie, hy gaan op die veiligste plek wees. Daar mag dalk ander wapens wees. Sit sal jy sit, boetie. Mooi so aan al die betrokke partye. Nou moet geregtigheid net geskied vir die ander moordsake wat hangend is, almal moet sekerlik oor dieselfde kam geskeer word.

Adri du plessis ·

Gaan hy di vonnisse gelyktydig uitdien of afsonderlik? Hoop afsonderlik. Welgedaan

Marietjie ·

Ek kan nie glo hierdie man is so emosieloos nie wat sal in sy kop aangaan ??

Juanita ·

Nou wil hy n boek skryf,hoop hy sien wat hy gedoen het, En dan nog n fliek wat wou in die tronk en hy maak geld .

LB S ·

Ek verstaan hy mag nie geld maak uit ‘n boek voordat hy uit die tronk is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.