‘Van parlement tot hof’ oor Skolewet

Argieffoto. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Beplande wysigings aan die Skolewet is niks anders as die ANC se haatveldtog teen Afrikaanse skole nie. Só het die burgerregteorganisasie AfriForum gesê in reaksie op beplande wysigings aan die Skolewet wat verlede week aan die portefeuljekomitee vir onderwys voorgelê is.

Daarom, sê die organisasie, sal hy alles in die stryd werp om die toekoms van Afrikaans en Afrikaanse skole te verseker.

Die wetsontwerp beoog om die provinsiale onderwysdepartement die reg te gee om oor skole se taal en toelatingsbeleide te besluit, eerder as skole se beheerliggame. Die DA het hom reeds sterk teen die wysigings uitgespreek en gesê dit kom neer op ʼn staatsgreep teen ouers.

“Die wetsontwerp het ’n aanloop van meer as vyf jaar en is in die verlede oorweldigend teengestaan met openbare reaksie en regsmenings daarteen. Desondanks maak dit nou weer ’n verskyning,” het Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, Sondag gesê. “Die rede hiervoor is duidelik – die departement van basiese onderwys wil steeds meer mag in eie hande sentreer, en dan spesifiek die Afrikaanse gemeenskap van hulle reg tot onderrig in Afrikaans ontneem.”

Dr. Dirk Hermann, hoof van die vakbond Solidariteit, sê dié soort sentralisering van mag is niks minder as staatskaping van kinders en skole nie. “Hierdie gaan op die moeder van alle gevegte uitloop.

“[Panyaza] Lesufi, wat verantwoordelik is vir honderde miljoene rand se onreëlmatige Covid-kontrakte, kan nie oor die taal van my kind besluit nie. Hy was verantwoordelik om kinders se geld te plunder en kan nie nou hul taal en gehalte van onderwys plunder nie,” het Hermann gesê met verwysing na die Gautengse LUR vir onderwys.

Hy sê Solidariteit, Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en AfriForum het reeds aan die parlementêre proses deelgeneem. “Ons regspanne is reg om hof toe te gaan. As die regering ons kinders se onderwys wil kaap, sal ons alles doen wat ons moet doen. Parlement toe, hof toe en strate toe as dit moet. My kinders is nie staatskinders nie. Ons as ouers moet opstaan en saamstaan.”

Bailey sê dit is duidelik kinders se belange en toekoms word weer eens ’n speelbal in die hande van die magsbehepte staat. “AfriForum sal alle middele tot ons beskikking aanwend om te sorg dat die toekoms van Afrikaans, Afrikaanse skole en Afrikaanse kinders teen hierdie haatgedrewe aanslag beskerm word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

MakersMark ·

ANC haat die feit dat na 28 jr Afrikaanse model C skole steeds by verre beter resultate op alle gebiede, akademie, sport en kultuur asook ontwikkeling van die leerder lewer as meeste ander skole. Die onvermoë om op te bou verander nou in die doelwit om afrikaanse Model C skole se standaarde af te bring na die algemene standaard van model C skole landwyd. Dan is almal ewe ellendig. Geen hoop vir RSA met cANCer aan bewind.

Hendrik ·

Enige voorstelle soos meer ouer betrokkenheid by skole? Ouers by skole moet hul rug styf maak en ons ander moet die aksies ondersteun.

Dries ·

Dit is veragtelik hoe die ANC net mooi van als iets maak om die blanke by te kom. Regtig n siek spul

Dries ·

Dan is daar nog so baie liberale blankes wat agter Ramaphosa aan hardloop. Hy stel hierdie vyande van die blankes aan en motiveer hulle in die agterkamers

Di ·

Hulle sal wel eendag hulle fout agterkom wanneer dit te laat is!

Casper ·

Is hy nie veronderstel om prestasies te bevorder i p v sy kommunistiese ideologie nie.Sy departement is skuldig aan growwe tenderbedrog maar hy haal sy woede uit op blanke Afrikaanse skole.Hy is jaloers omdat Afrikaanse skole beter presteer as ander skole omdat die standaarde daar nog standaarde is en leerlinge hulle nie skuldig maak aan geweld soos by sekere ander skole nie.Hoeveel leerders is al by Afrikaanse skole met messe doodgesteek of sommer dood geskiet.Mamparra kry eers jou eie huis in orde.

Frikkels ·

Dit is nou die toppunt asook die bewys van hulle lafhartigheid! Misbruik hulle mag om ons kinders by te kom, dan het hulle mos die ouers presies waar hulle ons wil hê. Nee wat ou Lesufi, staan jy en jou skelm gespuis maar net eenkant toe! Ons sal self besluit oor taalvoorkeure en dies meer.

Frank ·

Moenie so seker wees dat daar nie ook daarmee getoring gaan word nie

Hendrik ·

Voorspoed daarmee en onthou kinders se lewensblootstelling word beperk deur tuisonderrig en ek het al baie kinders gesien wat vereensaam het en wie se skoolwerk nie op datum is nie. Daar is regtig goeie Afrikaanse openbare skole asook goeie CVO en privaat skole.

Mercia ·

Dit is ‘n ongelooflike eensydige komentaar. Vir elke kind wat jy “gesien” vereensaam het en kwansuis op laer standaard presteer is daar duisende kinders wat d.m.v homeschooling baie meer voorbereid en toegerus is vir lewe na skool. As iemand wat ook altyd gesê het ek sal NOOIT my kinders homeschool nie……is ek vandag stomgeslaan oor die mate van verantwoordelikheid, begrip en innoverende probleemoplossing wat ontwikkel het sedert myne homeschool. Iets wat ek in al die jare van publieke skole nooit gesien of ervaar het nie. En ja……natuurlik is Heleen geregtig om verlig te voel dat haar kinders nie blootgestel en ontwrig hoef te word deur die onderwysdepartement se politieke speletjies nie. Net soos ons opreg dankbaar en verlig was toe ons kinders nie onderworpe was aan masker en “sosiale distansie” mandate nie…….en soos ons nou gerus voel met geen druk om hulle te “vaksineer” as ons so sou verkies nie.

casper ·

Hierdie spul moet hand en tand beveg word met alles wat ons kan — Dit is oorlewings belangrik !!!

TRP ·

Het die afrikaanse skole weer te goed presteer 2021 eindeksamen? Die jaloesie gaan my verstand te bowe, leer eerder wat die afrikaanse skole reg doen en pas dit toe ipv jaloers te wees. Hierdie is een stryd wat ek ook saam enige iemand sal veg.

Miskruier ·

Christelike skole in Australië het die hofstryd gewen dat hul mag bly bestaan. Dis eintlik die stryd hier in ons land, die verwydering van alles Christelik.

Chantel ·

Dis net vir my verstommend, die regering wil Afrikaanse skole toe maak, maar op ons dorp verkies die ander om tog na die Afrikaanse skole toe te gaan.

fs ·

ek het ‘n kleinkind wat nog moet skool toe… sy SAL in Afrikaans leer al is dit die laaste ding wat ek doen – ek sal dans en skreeu en geld gee om hof toe te gaan – hierdie vrekselse gemors moet gestop word die tyd is NOU!

Mendal ·

Ek het nog altyd gedink, hulle sê ons is n demokrasie, maar alles wat die regering doen dui op Kommunistiese staat.

Erika ·

Die ANC se Haat teen Afrikaans Kom all n Lang pad-. Mag posisies word bloot misbruik gerieflik onder n dekmantel ter will van Agendas wat bevorder moet word ten koste van ander

Toktokkie ·

Baie dankie Afriforum en SOS ens. Ons staan saam met julle!!

Skappie ·

Wat het ons wit afrikaanse kinders nou geweet van wat voor 1994 gebeur het. Nou word almal gestraf, wat so onregverdig is. Ek wonder of ons regeering al gaan kyk het hoeveel ander kinders wel Afrikaans kan praat, en dan nogal baie beter as wat hulle ooit sal kan praat.

Samuel ·

Afriforum en Solidariteit, put your money where your mouth is.

Nettie ·

Los asseblief ons Afrikaanse skole uit gaan kyk hoe lyk die ander skole geplunder. As n skool netjies lyk dan moet jy maar weer dit i n Afrikaanse skool.

Windhond ·

ANC kan nie oor die daargestelde dwarsbalk kom nie, so hulle stel eerder die dwarsbalk nog laer deur almal af te trek na hulle patetiese vlak toe (slaagsyfer alreeds verlaag sodat dit die algehele slaag syfer van die meerderheid aan die einde van die jaar laat beter lyk)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.