Van Reenenspas gesluit ná vragmotors bots

Die tenkwa in ligte laaie op die N3 (Foto: Verskaf)

Motoriste is Woensdagoggend aangeraai om Van Reenenspas in KwaZulu-Natal te vermy ná ʼn groot ongeluk.

Die N3-tolpad-konsessie (N3TC) het omstreeks 09:00 gesê daar was glo twee vragmotors in die ongeluk betrokke. Een van die vragmotors was ʼn tenkwa wat ná die ongeluk aan die brand geslaan het.

Die noordelike bane by die Tugela Plaza en Tugela East Ramp Plaza is heeltemal vir motoriste gesluit.

Brandweerdienste was Woensdag net na 09:00 op die toneel om die brandende tenkwa te blus.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het aan Maroela Media bevestig hul noodspanne is tans op die toneel en dat daar geen verdere inligting beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JM ·

Het al verskeie kere opgelet hoe vinnig vragmotors ry. Vragmotorbestuurders ignoreer doodeenvoudig die maksimum snelheidsperk wat vir hulle gestel is. Ek het ook my bedenkinge oor die bestuursvermoë van baie van hierdie mense.

Jakes ·

Al ons snelwee is oortrek met vragmotors. Daar is by verre meer vragmotors op ons paaie as motors. En ja, min vragmotorbestuurders hou by die spoedgrens. Daar is jare gelede al deur navorsing getoon dat vragmotors 80 keer meer skade aan n pad aanrig as gewone motors. Die N3 tussen Gauteng en KZN is n uiters gevaarlike pad om te ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.