Van Reenenspas in ligte laaie

‘n Tenkwa het op Van Reenenspas vlam gevat. (Foto: Verskaf)

Motoriste en vragmotorbestuurders wat na KwaZulu-Natal onderweg is, is Maandagoggend aangeraai om Van Reenenspas te vermy na ʼn tenkwa Sondag omstreeks middernag onklaar geraak en aan die brand geslaan het.

Die tenkwa, wat vermoedelik petrol vervoer het, het voor die Pyramid Motel, sowat 30 km buite Harrismith, aan die brand geslaan. Petrol het toe teen die pas begin afvloei wat tot gevolg gehad het dat vier vragmotors ook aan die brand geslaan het.

Dié ongeluk het ʼn verkeersknoop in die suidelike en noordelike rigtings van die N3 veroorsaak. Voertuie was teen Maandagoggend steeds op die pas vasgekeer. Volgens die N3‑tolkonsessie se Twitter-blad sal die noordelike bane vir tyd en wyl gesluit bly, terwyl die suidelike bane van die hoofweg verkeer in beide rigtings sal dra. Die linkerbaan van die suidelike bane sal verkeer akkommodeer wat na die kus beweeg, terwyl die regterbaan vir die gebruik van verkeer na Gauteng oop sal bly.

Voertuie is ook aangeraai om nie verder as Harrismith op die N3 te ry nie, en om eerder die R74 as alternatiewe roete te gebruik.

Vragmotors wat van Durban af kom, kan die alternatiewe roete voor die Tugela‑tolhek neem.

Con Roux, die kommersiële bestuurder van die N3‑tolkonsessie het aan Maroela Media gesê dat al die bestuurders van die vragmotors wat aan die brand geslaan het, ongedeerd is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jannie Oosthuizen ·

Dankie Maroelamedia geniet baie wat julle ons bied, die enigste nuus wat gelees word hou so aan waardeer wat julle doen en Afrikans is Groot was uit die boonste rakke …

Eier le ·

Net n blote vraag?? WAT HET N VRAGMOTOR WAT GEBREEK HET ENIGSINS IETS MET POLETIEK TE MAAK?? Almal Wil maar n eiertjie le Al het hul geen benul waaroor dit Gaan nie…..

sannie ·

Ken jy iemand wat al meer as 2 jaar nie meer die mens is wie hy was nie.???? Ag asseblief. Word wakker!!!! Hy het geveg om sy lewe. Doen jy ooit iets vir iemand anders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.