Van Reenenspas nié gesluit

Foto: @rulanda76/Twitter

Die N3 is heeltemal oop vir verkeer en geen dele van die hoofweg is nie tans gesluit soos wat beweer word nie.

Valse berigte en ou foto’s van hewige sneeu in Van Reenenspas word tans rondgestuur en op sosiale media versprei.

Die N3-tolkonsessie het Vrydag gesê daar het nie sneeu geval op enige gedeelte van die N3 nie en dat die hoofweg heeltemal vir verkeer oop is. Dit is bewolk in die Van Reenenspas-area met ligte reën wat vroeër geval het.

Die tolkonsessie se 24 uur hulplyn word tans oorval met oproepe van bekommerde motoriste weens die valse inligting wat versprei word.

Motoriste kan opgedateerde en geverifieerde verkeersinligting oor die N3 kry deur 0800 63 4357 te skakel of op Twitter by @N3Route.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.