Van Rooyen dalk nou tronk toe

Gerhard van Rooyen. Foto: Verskaf

Gerhard van Rooyen, seun van die pedofiel Gert van Rooyen, gaan van ʼn tronk in Potchefstroom na ʼn tronk in Pretoria gebring word om moontlik te begin tronkstraf uitdien.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die bedrogklag waarop Van Rooyen tereggestaan het, is teruggetrek nadat hy en die klaer ʼn skikking bereik het.

Die klag het verband gehou met ʼn voorval waar ʼn vrou van Klerksdorp glo R30 000 in sy rekening inbetaal het vir ʼn motor wat hy wou verkoop, maar wat sy nooit gekry het nie.

Botma het gesê Van Rooyen sal nou na Pretoria gebring word. Hy sal hier in aanhouding bly en wag om te hoor of ʼn opgeskorte vonnis wat hy vyf jaar gelede opgelê is, in werking gaan tree.

Van Rooyen het in Oktober 2013 in die Pretoriase handelshof ʼn opgeskorte vonnis vir bedrog gekry. Hy het skuld op agt aanklagte van bedrog beken en is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Dit is in geheel opgeskort op voorwaarde dat hy die R241 800 wat hy verskeie klaers skuld, terugbetaal.

Van Rooyen is in Desember in Potchefstroom in hegtenis geneem. Sy eksvrou is ook in hegtenis geneem, maar die aanklagte teen haar is vroeër die jaar teruggetrek.

Van Rooyen is ook in Maart 2017 in Gansbaai in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. Hy is later op borgtog van R8 000 vrygelaat en beveel om hom elke Woensdag by die Villieria-polisiestasie in Pretoria aan te meld. Van Rooyen het egter toe verdwyn.

Die polisie het ʼn geruime tyd na Van Rooyen gesoek in verband met verskeie bedrogsake wat teen hom aanhangig gemaak is.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

koos1 ·

Hoekom moet hy wat om te hoor of hy moet tronk toe?
Hy het dit mos gehoor toe hy die opgeskorte vonnis op gelê is, en toe geweet dit gaan gebeur toe hy gevlug het.
Nee wat, sluit hom op en gooi weg die sleutel!

Santjie ·

Ek stem saam Koos1 – opgeskorte vonnis beteken mos dat jy geen misdrywe in daai sekere tyd mag he nie – niks is hier nou “ponderhandelbaar” nie en moet hy mos nou summier opgesluit word.

sleutel ·

koos1 – en almal; kry tog asseblief net end met die oor en oor herhaling van daardie laaste afgesaagde sin van jou. Dankie.

Johan ·

Ek dink hy het nou meer as genoeg kans in die lewe gehad om sy lewe teg te ruk. Hy is volgens die beskikbare inligting nie bevoeg om vry in die samelewing rond te dwaal nie.

MS ·

Natuurlik weet hy van die meisies. Hy is net te onbetroubaar aangesien sy weergawes van die gebeurtenisse rondom die verdwynings bly verander het. Mens kan ongelukkig nie n woord glo wat uit sy mond uit kom nie.

Peet J ·

Ek dink nie hy weet iets van die verdwyning van die meisies nie tensy hy verwag dat vergoeding op sy pad vir inligting moet kom. Sou hy oor inligting beskik en hy is bereid om dit openbaar te maak kan dit mos op hierdie stadium niemand meer benadeel nie tensy die betrokkenes nog lewe. Daar moes iets gewees het tussen die kinders en Gert van Rooyen, maar die polisie het te vinnig opgetree.

Jarvis ·

Maar wat van ‘n broer paar wat miljoene se soortgelyke bedrog en diefstal in die KOSH area gepleeg het en steeds na meer as ‘n dekade daarmee wegkom. Van hulle slagoffers het selfmoord gepleeg. En die staat en sy regsmasjienerie sleep voet. Wonder maar net…

PJC ·

Ek het so pas die boek oor Gert van Rooyen en Joey Haarhof gelees en dit laat ń mens wonder hoeveel hierdie seun van hom geweet het. Dit lyk of hy ook nie leer uit sy foute nie en maar net elke keer weer oortree. Hy het reeds ń helse rekord opgebou.

Jannie ·

Hierdie uitvaagsel moes LANKAL reeds vir BAIE lank agter tralies gewees het!!! Hy was en bly ‘n bedreiging vir die gemeenskap!!! Maak die seldeur toe en gooi die sleutel weg!!!

Poppie ·

En moordenaars en verkragters kom los. Vir my is die hele regstelsel siek

Andre ·

Nee kyk as n man nie wil hoor nie dan moet hy maar die gevolge dra

Rachel ·

Hy hoort in die tronk hy het n paar selfone wat hy gebruik met n foto van sy pa se gesig en dreig mense uit die tronk asook dat hy nie bang is vir pol of speurders wonder hoekom? Hy is n gevaar vir die samelewing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.