Van Rooyen: ‘Ek het geen ooreenkomste geteken’

David van Rooyen, voormalige minister van finansies (Desember, 2015) Foto: GCIS

David van Rooyen, voormalige minister van finansies (Desember, 2015) Foto: GCIS

Die voormalige minister van finansies, Des van Rooyen, het Dinsdag ontken hy het enige ooreenkomste onderteken in sy vier-dae lange termyn as hoof van die land se finansies.

“Geen ooreenkomste is geteken nie,” was Van Rooyen se kortaf antwoord op ‘n vraag of hy gevra is om enige veranderinge aan SAL se vliegtuigverhuringsooreenkoms met Airbus af te teken.

Van Rooyen wou tydens Dinsdag se mediakonferensie nie veel oor sy kort rukkie as minister van finansies sê nie. “My belangstelling vir nou en vir alle Suid-Afrikaners is op die toekoms. Indien moontlik, kom ons vermy om in die verlede vasgevang te wees,” is al wat hy wou sê op ʼn vraag oor sy bevoegdheid.

“Ek is sedert die vroeë ouderdom van 16 ʼn nederige dienaar van hierdie glorieryke beweging genaamd die African National Congress. Ek is gereed om elders ontplooi te word deur die ANC, enige plek en enige tyd, selfs al is dit net vir twee ure, selfs al is dit vier dae.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Is dit nou David of Des van Rooyen? Lyk my alles is ‘n sirkus!

Hein ·

Des het jou lyer jou gese die aanstelling is net vir die naweek? Of het jy gedink dus tot JESUS kom? Aai nee ek weet nie hoe jy voel nie. Ek lag egter baie lekker vir jou lyer se snert.

Dee ·

Eendag Hein, sal jy besef dat die land, die ekonomie die lyer is in die spesifieke geval.

Paul ·

Hein, oeps! – jy bedoel seker leier ( soos in “leader”) ?

Johann Marx ·

Kom ek help jou reg, ou Des David. Hoe verder jy in die verlede kan terug kyk, hoe verder kan jy in die toekoms in sien!!! Gee tog vir iemand anders jou plank…..jou naam het nou al genoeg houe gevat…

Rynhardt ·

Van Rooyen die feit dat Anc jou geen ooreenkoms laat teken het nie, wys hul het jou gespeel! Jy is bereid om nog so party te dien? U praat van n glorieryke beweging? U Anc het ekonomie en alles opgedinges in SA.Dit is duidelik u en Anc bly in n ander SA as die res van mense.

Avril Schutte ·

Hoe waar is die ou gesegte nie”no honor amongst thiefes”

boetie ·

Kyk bietjie of Des/David/whatever en daai tolk op Madiba se begrafnis nie dalk dieselfde nar is nie. Lyk baie namekaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.