Van Rooyen weer hof toe oor staatskaping-verslag

Des van Rooyen tydens sy inhuldiging as minister van finansies in Desember 2015. Foto: Elmond Jiyane

Des van Rooyen tydens sy inhuldiging as minister van finansies in Desember 2015. Foto: Elmond Jiyane

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is Maandag weereens hof toe in ʼn poging om te verhoed dat Thuli Madonsela se finale staatskaping-verslag bekendgemaak word.

Legedema Leso, woordvoerder vir Van Rooyen, het bevestig dat die minister Maandag sy aansoek om ʼn hofinterdik ingedien het. Leso wou nie kommentaar lewer oor die redes vir Van Rooyen se aansoek nie en het bloot gesê die saak is sub judice en kan dus nie bespreek word nie.

Van Rooyen het vroeër vandeesmaand vir die eerste keer ʼn hofaansoek ingedien om te keer dat Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se staatskaping-verslag bekendgemaak word. Van Rooyen was in Desember vier dae minister van finansies nadat pres. Jacob Zuma vir Nhlanhla Nene in die pad gesteek het en voor Pravin Gordhan weer as minister aangestel is. Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, is een van die regeringsamptenare wat beweer het dat die Gupta-familie vir hom ʼn werk aangebied het.

Van Rooyen het die aansoek ingedien om die magte van die OB uit te daag nadat hy opdrag gekry het om sekere vrae te beantwoord. Hy het later die aansoek teruggetrek en gesê aangesien Madonsela geen negatiewe bevindinge teen hom gemaak het nie, sou daar geen punt wees om die hofinterdik aan te vra nie.

Madonsela sou die verslag op die laaste dag van haar termyn as OB bekendmaak, maar is ter elfder ure verhoed om dit te doen nadat Zuma ʼn hofaansoek ingedien het om ʼn interdik te bekom om die bekendmaking van die verslag te verhoed. Zuma se aansoek sal vandeesweek aangehoor word.

Die staatskaping-verslag word intussen in ʼn kluis in die kantoor van die OB se hoof van regsdienste veilig bewaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tilla ·

Span hy die kar voor die perde. Is die verslag dan nie veronderstel om nog geheim te wees toegesluit in ‘n kluis. Wanneer gaan die mense end kry om ons belastingbetalings te straf vir hulle snert om met alles hof toe te hardloop.

nieBAFUnie ·

Behoede die land as sy aansoek gaan slaag. Hul pogings dui daarop dat daar dinge wat gaan(moet) uitkom wat nie goed vir hul gesonheid is nie.

humor ·

z het besluit aan sy saak moet daar meer krag veleen word, en daar is weer koppe bymekaar gesit. Tragedie, die korrupte spul.

Sarie ·

Daardie verslag gaan op ‘n “onverklaarbare” wyse verdwyn…. Dit verbaas my hoe VR & Zuma wèèt wàt in die “hoogsgeheime” dok staan…..

Petro ·

Ai wag gaan volgende gebeur, hierdie raak nou afgesaag (dan aan en dan af). Angs en bewing.

Jean ·

AS julle niks het om weg te steek nie, hoekom so aangaan oor die verslag?

jaco ·

Mark my words: daardie verslag gaan verdwyn want dit het GROOT inkriminerende bewyse teen BAIE grootkoppe in die regering. Dis bitterlik jammer daar is blykbaar net EEN weergawe, wat nou ongelukkig deur Zuma se nuwe skoothondjie-OB bewaar word. Weet thuli niks van copy & paste en ander maniere van kopiëer nie? Op haar laaste dag moes sy eenvoudig die verslag op n memory stick gekopiëer het en met die memory stick in haar handsak by die gebou se deur uitgestap het. Daarna sou dit maklik wees om vanaf ‘n internetkafee die verslag heel annomiem op sosiale media te versprei.

heksie ·

Jaco dalk het sy n copy hoe gaan jy weet sy het nie. Ek glo nie sy is so dom as wat jy hier beweer nie

Piet ·

Jaco, ek glo dat thuli teveel integriteit het om die verslag te publiseer maar ja, ek hoop sy het dit iewers op ‘n geheuestiffie gebêre. Nogtans is dit miskien raadsaam om die doofpot iewers by die hand te hou. En “natuurlik” kan jy maar seker wees dat die saak weer uitgestel sal word ! Absoluut ‘n skande dat hulle sake nie dan en daar kan afhandel nie.

MM ·

Sy naam kom seker ‘n hele paar keer voor in die verslag dis hoekom hy die verslag vir stop, want hy was mos 7 keer by die Guptas gewees net voor hy aangestel is as min van finansies!
Ek glo nie die hof sal die proses vertraag nie, want hy is nie so belangrik nie.

Alida ·

Laat die waarheid uitkom dan kan ons met die skoonmaakproses begin en no 1 heelvoor in die ry.

Gert ·

Weet nie hoekom hy bekommerd is oor sy joppie as minister nie. Hy kan baie meer geld maak as ʼn sangoma. Hy is dan heldersiende, weet dan al klaar wat in die verslag oor hom en Z gaan staan

mm ·

Hierdie Des ou het te veel tande . Dit veroorsaak papbroekagtigheid.Ook ongekende angs vir die verslag.

Niccy ·

Hierdie Gupta verslag wat hul so weggesteek hou is dalk nog nie die tip van die ysberg nie!!! daar kan dalk nog baie gagga uit die box klim! Thuli is nie dom nie, verseker sou sy ‘n afskrif erens hou vir ingeval z die een uit die kluis laat haal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.