‘Vanaand skiet ons jou dood’

Johannes Cornelius Meyer (Foto: Verskaf)

Koos Meyer, seun van die Charl Cilliers-boer wat die afgelope naweek noord van Standerton in Mpumalanga koelbloedig vermoor is, sê die familie is heeltemal stukkend oor dié sinnelose moord.

Johannes Cornelius Meyer (70) en Ilse Jakoba Meyer (69) is Vrydag omstreeks 22:30 op hul plaas aangeval. ʼn Groep verdagtes het die egpaar se huis binnegestorm, aangedring op die sleutels van die kluis en toe twee jaggewere en ʼn rewolwer gesteel. Hulle het Meyer daarna twee keer in sy bors geskiet. Hy is op die toneel dood.

Meyer het Maandag aan Maroela Media gesê hy wroeg met onbeantwoorde vrae ná die dood van sy pa, ʼn beesboer van die omgewing.

Hy het die voorval as uiters traumaties en ʼn groot skok bestempel. “Hulle het my pa se lewe geneem. My onskuldige pa wat niemand leed aangedoen het nie. My pa wat aan diabetes gely het en skaars kon loop. Hulle kon hom omstamp en hy sou nie eens weer kon opstaan nie. Maar hulle het nie – hulle het ʼn man se lewe geneem wat geen manier gehad het om homself te verdedig nie.”

Meyer vertel die egpaar was Vrydagaand byna gereed om te gaan slaap toe die voorval plaasgevind het. Volgens hom was hul sitkamerdeur oop omdat hulle twee honde buite ʼn draai moes loop.

“My pa en stiefma se huis het elektriese heining reg rondom. Die verdagtes het egter ʼn manier gekry om daardeur te kom. Selfs die honde het die verdagtes in daardie stadium nog nie opgemerk nie. Een verdagte het hulle in die sitkamer verras en ʼn pistool op hulle gerig. Hy het in Afrikaans vir hulle gesê: ‘Vanaand gaan ek julle doodskiet.’

“Die man het die sleutels van die kluis geëis waarna hy my pa en stiefma in die kamer ingedwing het. Twee ander mans was reeds besig om die kamer om te keer. My pa het glo in daardie stadium vir hulle die kluis se sleutel gegee waarna hulle die twee jaggewere en die rewolwer gesteel het. Die verdagtes het my ouers terug gedwing sitkamer toe. In dié proses het een van honde by die eetkamer – wat op pad na die sitkamer toe is – ingekom, en hulle het haar doodgeskiet,” sê hy.

Meyer sê die verdagtes het Johannes en Ilse gedwing om op die bank te gaan sit. Een van die verdagtes het hierna glo weer gedreig om Johannes se lewe te neem. “Hy het my pa in die oë gekyk en vir hom gesê: ‘Nou gaan ek jou skiet.’ My pa het gesê: ‘Maar hoekom wil jy my skiet, ek het jou dan alles gegee waarvoor jy gevra het.’ Hy het voortgegaan en my pa in die borskas geskiet. Daarna het hy hom weer ʼn keer geskiet. Hy is net daar dood.”

Die verdagtes het Ilse weer na die kamer gedwing waar een van die verdagtes haar hande agter haar rug vasgemaak het en haar op die bed neergegooi het. Die ander verdagtes het hom volgens Meyer egter aangejaag en die groep het van die toneel gevlug.

Meyer sê Ilse is “erg getraumatiseerd” ná die voorval. “Daar is so baie dinge wat gedurende die nag gebeur het. Hulle het haar in ʼn stadium ook met die rewolwer teen die kop gedreig. Sy is baie rondgeruk – ek weet nie hoe ʼn mens van so iets herstel nie.”

Hy sê sy pa was ʼn goeie man wat nié verdien het om op só ʼn wyse te sterf nie. “Dis ʼn groot seer wat vandag in ons harte is. Dalk sal ons mettertyd braaf genoeg wees om dit te probeer verstaan, maar vandag het ons te seer en is ons te kwaad om te probeer verstaan. Sy dood is sinneloos. Dis onregverdig.”

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ses verdagtes in verband met voorval in hegtenis geneem is. Die polisie het beslag gelê op al die gesteelde goedere, insluitend die twee jaggewere en die rewolwer.

Drie mans word aangekla van moord en huisroof. Nog twee mans en ʼn vrou word aangekla vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en gesteelde goedere.

Hlathi sê die verdagtes is in Embalenhle naby Secunda in hegtenis geneem. Volgens hom is Johannes se vermiste bakkie uitgebrand in Emzinoni aangetref.

Al ses verdagtes sal Dinsdag in die Evander-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Rudolph Venter ·

Al wat oorbly is dat die doodstraf weer teruggebring word. Moordenaars, verkragters en ander kriminele, ongeag watter ras of kleur word te lig gestraf, tronke is n vakansieplaas instede van n instelling waar jou regte as burger ontneem word omdat jy nie in pas by die samelewing se reels nie. Geen vrees bestaan vir die polisie nie.

Hartseer ·

My hart is so seer terwyl ek hierdie berig lees…?RIP oom!
Tannie ons bid vir jou spoedige herstel en dat God vir tannie kalmte sal gee??
Hoop al daai vieslike gemors slaap nooit weer een nag deur nie mag hulle gewete hulle ry!

sybrand ·

Het daai mense n gewete van die president tot al sy makkers daar is geen menslikheid kill the boer kill the farmer word openluk gesing hulle is totaal verantwoordeluk vir dit wat in Suid Afrika gebeur en aanspreekluk gehou moet word vir hul optrede teen die mens!!!

Callie ·

Waar is julle nuwe staatspresident. Hy sal dit nie veroordeel nie. Dit pas in sy en sy party se kraal. Die onteiening gaan kom. Asb mense kom ons forseer die regering om vrantwoordelikheid te neem. Laat die Gerrie Nels vir ons hom dagvaar want hy kom nie sy mandaat en plig om die land se mense te beveilig na nie

m.d.r ·

Hoeveel bejaardes moet nog sterf?
Ek vra weereens die vraag, soos telekmeale in die verlede–was dit moord met die doel om te roof, of was dit roof met die doel om te moor….?
Of is hier tog maar ‘n politieke motief….?
Want dan is dit suiwer terrorisme…!

Dabo ·

Dit gryp ons aan die hart elke keer as daar nog iemand sinloos vermoor word. Ek vertrou dat Pres. Ramaphosa en sy nuwe regering groot erns sal maak om die vlaag misdaad en moorde te veroordeel en daadwerklike stappe te neem om dit te bekamp. Ek het groot waardering vir die polisie wat so gou die boosdoeners gearresteer het. As daar inligting uit die swart woonbuurt gekom het wat gelei het tot die arrestasies, wil ek hulle ook graag bedank. Ons bid dat die Here die familie sal vertroos en ons boere sal beskerm.

Slagoffer ·

Dit is regtig baie hartseer en onnodig en ek weet nie hoe mens so iets verwerk nie.
Ek is ook al geskiet en ek moet sê, die eerste paar minute is jy glad nie bewus van pyn nie.
So, as ek enige iemand wat ‘n geliefde so aan die dood moet afstaan, kan troos , as jy opslag dood is, weet jy nie daarvan nie.
Inteendeel, as ek ‘n keuse het oor hoe ek dood moet gaan, sal ek liewer ‘n skoot verkies.
Ek bid vir die tannie en al die oom se geliefdes.

Melanie ·

Hulle kom om nie net teroof maar temoor,waarom nie gevat en gegaan ,wapens om nog moorde tepleeg.Innige simpatie mag God jul krag gee deur die moeilike tyd.Wat gaan gedoen word deur die polisie om die sinnelose aanvalle en moorde testop.

Katryn ·

En wat gaan van hulle word… ?
Hulle het n bed om in te slaap, kry kos, en ander voordele en word beskerm in die tronk.

Sarel swartbrand ·

Hulle gaan nog al wat n boer is vermoor die werkers gaan werkloos wees en die meerderheid gaan honger wees.

Bokka ·

Mag GOD julle genadig wees want hy se niemand maar niemand sal in SY hemel inkom wat al die lelike dinge doen nie daar sal geween en gekners van tande wees die hel is nie n mooi plek nie.

Jan ·

Nog in die week is hulle uit op borg. Jammer vir julle verlies. Sterkte

HANLIE PEPLER ·

Ek ken hulle nie maar is ek so hartseer. Dis so onnodig . Ongelukkig sal al wat help vir sulke moorde ‘n tand vir ‘n tand en ‘n oog vir ‘n oog moet wees. Bring asseblief die doodstraf terug.

kt ·

Hulle verdien die doodstraf, dis al medisyne vir hierdie moordenaars.

RM ·

Een vir een, dag by dag vergaan ons mense onder hierdie huidige regering. Fisies en Geestelik. Mag die Here hierdie familie ontverm met Sy liefde.

CR gaan sukkel om die ANC se ondersteuning te kry met ‘n nuwe agenda, hy sal dalk onder die EFF se druk moet buig om sy mag te behou. Dalk het die Boere ‘n plan B nodig?

Ogies oop, kyk mooi om jou rond en verstaan hoe dit hier in Afrika werk. Daar is gruwelike haat in jou as jy weerlose ou mense aanval wat alles vir jou gee.

Willie ·

Die regering hou daarvan om die soort moorde met buitelanders te verbind! Hulle praat Afrikaans… did Malema se kaders…

Jeni ·

Soe dis dis net erg wat in hierdie land aangaan, maar kan die boere nie dink om niks in hulle
kluise te sit, en die gewere op n ander plek te versteek nie? Genade erens moet mens
slimmer dink as hulle.

Carien ·

Dis so tragies. Die oom het so mooi gevra dat hulle hom moet skiet nie maar tog doen hulle dit. Ons bly in Secunda en dis op ons voorstoep. Hoop die tannie kry berading en baie liefde van haar familie. Sy gaan dit so nodig hê. RIP in vrede oom

Elsa ·

Onsinnige moorde en aanvalle moet eerste prioriteit NOU geniet en daadwerklik aandag kry, eerder as die grondvergrype…

DAVID ·

RIP OOM,solank as wat die politieke leiers sing kill the boer sal hulle nie ophou nie,ons boere is almal teikens in hierdie oorlog wat teen hulle verklaar is,dit sal aangaan totdat daar geen wit boer in hierdie land oor is nie,eers wanneer daar geen kos meer is nie dan gaan hulle wil huil.

Mark ·

As my kinders maar net koud of warm was, sou ek hul kon help, maar nou is hul lou.
Georganiseerde Godsdiens se doelwit is……………………………..lou.

(Kom weg van jou kerke, gaan sak in nederigheid in eensaamheid.
Kyk Matthew 6:5-6).

Hartseer ·

Vader ons weet U sien al die bloed vloei en bloed aan hande……die wraak gaan U toekom en spoedig ook. Omvou asb hierdie familie toe in U arms.

Janosh ·

Ai tog, wat ‘n tragiese ,sinlose en wreedaardige aanval. Gaan dit dan nooit ophou nie. Hoe lank moet die Boer dit nog verduur dat sy mense sinloos en wreed vermoor word. Hoe lank???

Charlotte Barnard ·

Hoeveel sinnelose moorde nog …. my hart breek in stukke om hierdie te lees. Dit kan enige een van ons raak. Dis net genade dat ons nog elke dag gespaar bly. Genoeg is nou genoeg!!

Johanna Botha ·

Wees ten alle tye gewapen al laat mense die honde vinnig uit ….hou jou wapen by jou asb en sorg dat die veiligheidsdeur of hek STERK is, nie iets dun wat jy in enige supermark van n rak kan koop …dit werk nie en is swak !

Chrisjan ·

Regdeur Afrika is presies hierdie strategie reeds jare lank gebruik as ‘n alternatief vir grondonteiening met vergoeding. Wie ookal daaragter sit is deel van ‘n “groter plan” wat deur die huidige regerende party ondersteun word.

Roelf Berg ·

Moenie geld mors op sulke gemors nie – dit kan nie reg denkende mense wees wat so wreed is nie en wat so dom is om dit toe te laat dat die Polsie hulle nog arresteer nie. Soek seker herberg ten koste van die ou oom se moord en tannie se erge aanranding . LAAT MY TOE SAL DIE VONNIS VEL SONDER OM N OOG TE KNIP

Skoemies ·

Plaasaanvalle gaan nooit stop nie, net so min as wat die doodstraf terug gebring gaan word. Ons moet maar self oplettend wees, jou eie plaaswerkers nie vertrou en bid dat YHWH jou en jou geliefdes sal beskerm!

James ·

Enigiemand wat glo die ANC gaan verander onder CR leef in ‘n droomwêreld! Een swaeltjie maak dit nie somer nie en wat korrupsie betref, ‘as jy eers geloop het wil jy nie weer kruip nie’!!! Die enigste oplossing lê by die stembus in 2019!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.